
Gevare van loodvergiftiging
My beskeie mening as iemand wat jag (miskien nie soveel soos ander nie, maar darem 10 keer per jaar), natuurbewaarder en chemikus is die volgende: Rakende die loodkwessie: die gebruik van lood in projektiele is standaardpraktyk oor die wêreld heen omdat die soortlike gewig (digtheid) van lood net onder die van goud en wolfram lê en dienooreenkomstig die gewenste massa per volume verskaf om 'n effektiewe projektiel te maak. 1. Lood is een van die sg. swaarmetale wat op sekere natuurlewe 'n ernstige impak het en kan hê. Dis 'n gedokumenteerde feit dat die Kaliforniese kondor se feitlike uitsterwing deels aan loodkoeëls toegeskryf kan word. Uit my eie werk met aasvoëls is die ervarings as volg: 2. Lood vir haelgeweerjag is in die hele Kanada en verskeie VSA state verban as gevolg van loodkontaminasie. 3. Daar is geen rede om te glo dat lood nie nadelig op aasdiere sal inwerk nie: ek het verskeie aasvoëls in my lewe verloor as gevolg van loodvergiftiging, as gevolg van jag, as gevolg van kwes, ens. 4. As mens 'n X-straalfoto van 'n bok se blad neem waardeur 'n gewone loodkoeël is, dan sal jy nooit ooit daardie vleis gebruik nie want die spikkels lood is soos 'n mosaiek in die vleis. Om sulke vleis vir jou hond aan te bied is stadige moordpleeg. 5. Lood is 'n bio-akkumulatiewe metaal wat met tyd saam in die organisme opbou tot dit toksiese vlakke bereik en daarna sal die organisme kliniese simptome vertoon en vrek indien drastiese terapie nie toegepas word nie. Om lood uit 'n organisme te loog, verg spesialisbehandeling en glo my dat ek met jare se ervaring nog nie daarin kon slaag om 'n aasvoël suksesvol te behandel nie, selfs nie saam met 'n span bekwame veeartse nie. 6. Suiwer koper projektiele is juis ontwerp om die drukprobleem met monolitiese koeëls te bowe te kom. Alhoewel die snelheid van die projektiele hoër is as die van loodkernkoeëls is die resultate in die jagveld ongelooflik. Ek het nog nooit 'n koeël uit enige dier gehaal nie en die skote het almal die diere effektief en netjies gedood. Vleisskade is uiters gering en lood is AFWESIG in die proses. 7. As 'n bewaringspersoon kyk ek skeef na mense wat nie van hulle oeroue tradisies wil afwyk nie en steeds voortgaan met praktyke wat onaanvaarbaar uit 'n moderne oogpunt is. Daar is te veel mense op die aarde en as elkeen sy of haar tradisies wat negatief vir die natuur is wil handhaaf, is die aarde oppad na 'n uitwissing van alle lewe. 8. Soos ons in Engels sê: 'by all means', skiet jou loodkernprojektiele op die skietbaan waar die lood gevang word, maar in die jagveld het die jagter 'n verantwoordelikheid om die natuur te bewaar en nie die plek vol ekstra toksiene te pomp nie.
as 'n kransaasvoël Gyps coprotheres slegs vyf gram lood van 'n tipiese koeël inkry, is die voëls gewaarborg om binne vyf weke of selfs korter te vrek.
Twee jong King vultures Sarcorampus papa is in die Nasionale Dieretuin in Pretoria dood nadat hulle klein Diana-loodkoeëls ingekry het omdat kinders windpistole in die Dieretuin ingeneem en afgevuur het.
My student, dr. Erica van Wyk, het op vyf spesies aasvoëls gewerk en die bloedtoksikologie ondersoek en die resultate was kommerwekkend want meeste van die eksemplare wat in die ondersoek gebruik is het sub-letale vlakke van lood in hul sisteme gehad.
Skrywer: Prof Gerhard Verdoorn.
Bron: SA Jagter / Hunter November 2006.
Om dit 'n stappie verder te voer:
Hoekom die moontlikheid van loodvergiftiging, hoe gering ookal, op ons skietbane te laat voortleef?
Dit terwyl suiwer koperkoeëls soos GS Custom se geweldige, hoë graad van eenvormigheid van een vervaardigingslot tot die volgende dit moontlik maak om soveel minder koeëls hoef weg te skiet om akkuraatheid elke keer te toets.
Gebruik die beste en kry die beste resultate!
HawkWatch -
Hunting and fishing result in the deposition of thousands of tons of lead into the North American environment every year. While foraging, wildlife species can be exposed to lead and may die of lead poisoning. Such mortalities have been documented in a wide array of birds including waterfowl, shorebirds, piscivores, songbirds, and raptors. Poisoning of California Condors, Common Loons, Trumpeter Swans, and Bald Eagles is of special concern because it may have population-level effects.
Lead poisoning eyed as threat to California condor -
By John Ritter, USA TODAY - Posted 10/23/2006.
"No sensible decision can be made any longer without taking into account not only the world as it is, but the world as it will be." ~ Isaac Asimov.