TF Distr.

Willie du Toit - Malelane - Namibië jag 4 Julie 2009 -

Die rooihartbees is geskiet op ±210m skuins van voor op die knoppe. Die 130gr GSCHV koeël uit my Bruno .308 is agter die 4de rib van voor uit. Sy het so 25 treë gehardloop voor sy dood neer geslaan het.
Die Gemsbok bul is laag getref op die bladbene. Die .308 130gr HV het al twee voorbene en die borsbeen regdeur gepenetreer. Afstand ± 150m.
Willie du Toit se gemsbokkoei en die .308 130gr HV koeël wat herwin is.
Willie het hierdie koei 100m ver tussen die oë geskiet, die koeël het agter die kop teen die vel vasgesteek.