
Louis van Niekerk - Phalaborwa, Limpopo -
Springbokjag - 2010
![]() |
Springbok geskiet deur Louis, met 270110HV GSC. 230meter ver gestaan, enkel skoot. Geen vleisskade. 26kg geweeg en Rowland Ward trofee: mates is 14 2/8". |
Jag 2009 -
| Hiermee terugvoer van ons jag in Noord Kaap. Eland geskiet op die plaas "Smithers" van M.H. Spangenberg in Olifantshoek distrik. Langs Oupa Louis is Tristan van Niekerk (6) en langs hom sy maatjie Christofer (5) - toekomstige jagters! 1ste skoot vanaf 240m in die bors, en die 2de skoot vanaf 183m in die kop. Geweer het plat geskiet op albei distansies. Geweer: 9,3 x 62 Husqvarna - nuwe geweer. Koel: GSC HV 195 Kruit: S335 - 63gr - 2840vps Koeël gewig retensie: Bors: 88.47% en Kop: 85,04%. Minimum lading gebruik. Baie dankie vir al die raad en advies. |
![]() |
![]() |
Ons het Saterdag 20 Junie 2009 in Pietersburg aan die S A Jagters President skiet deelgeneem.
Krico 270 - Teleskoop - Swarovski 4-16X50 Habicht
GS Custom 270105SP
Lading: 55gr S355
Spoed: 3409, 3420
Lengte van patroon: 86,04mm.
3 skoot groepering : 24,23mm vanaf 200m.
(Die onderste twee skote was vanaf 300m.)
