TF Distr.

Kornel Prinsloo - Bosvark en ander wild - Week eindigende 22 Junie 2009 -

Die jag was hierdie jaar baie meer uitdagend as die vorige jare. Ek dink ons kan dit toeskryf aan die goeie en laat reëns wat ons hierdie jaar gehad het.
Nietemin het ek my eerste bosvark geskiet. Helder oordag opsoek na daardie Koedoe, hoor ek die vreeslike gevreet in die gras en besluit om ondersoek in te stel. Ek het eers gedink dit is vlakvarke, maar tot my verbasing is dit toe 'n troppie bosvarke wat onder 'n boom besig was om te vreet.

Ek het gewag totdat die groot sog uitkom en haar toe reg agter die blaaie in geskiet. Sy het so 10 treë gehardloop en morsdood neergeslaan.
Dit is my eerste en baie trots op die vark.

Toe ek dit vir die groep by die kamp vertel kon hulle dit nie glo nie, 'n mens skiet mos nie bosvarke met 'n .308 en boonop met n 130gr koeël nie.
Kom ek sê, daar is niks fout om 'n GSCHV 130gr koeël in die bos te gebruik nie.

Ek het ook 'n vlakvark en 'n Rooihartbees geskiet tydens die jag.

Kornel Prinsloo - Rooibok en ander wild - Week van 9 Junie 2008 -

Ek het weer bietjie gaan rondloop. Ons het in die Waterberge gaan jag - 09-06-2008 tot 12-06-2008.
Daar het ek 'n Blouwildebees, Rooibok en 'n Koedoe bul geskiet.
Ek het ongelukkig net 'n foto van die Rooibok geneem. Die Rooibok het so 220m ver gestaan en was redelik bewus van my gewees. Sonder om te wonder of ek die skoot moet vat of nie, het ek geskiet.
Die ram het net daar geval. Ek het wel bietjie hoog geskiet soos wat op die foto duidelik is, maar die vleis skade is so, so min. Weereens 'n puik koeël in my .308.

Bietjie meer oor die jag. Die Blouwildebees het ek perfek in die hart in geskiet. Sy het so 30 tree ver gehardloop. My Koedoe het ek 'n perfekte kop skoot geskiet.

Dit is vreeslik lekker om met 'n koeël te skiet wat beslis die beste uitbring in my .308. Ek het nie meer nodig om te wonder of gaan die koeël dit kan doen of nie. Ek jag nou met een koeël, van hier af tot in die Kalahari. Die dae van 'n swaar koeël vir die bos en 'n ligte koeël vir die oop vlaktes is uit.
130 grein GS Custom en dit is dit.
Dankie,
Kornel.

Kornel Prinsloo - Gemsbok - Week van 12 Mei 2008 -

Hier is Gemsbok wat ek laas week in die Kalahari geskiet het.
300m ver.
.308 Musgrave
130gr GS Custom HV.
3152 vps.

Hart skoot - die gemsbok het net 5 meter ver gehardloop.
Puik koeëls.
Kornel.