
Koos Geldenhuys - Verskeidenheid jagfotos op verskillende jagte -
2010 -
![]() |
![]() Twee fotos van dieselfde Rooibok ram - Pa alleen en Pa en seun Kobus. Hierdie Rooibok ram is effens skuins van voor 'n lae nekskoot toegedien, terwyl hy vorentoe beweeg het, met my .222 Remington Anschutz geweertjie en 'n 40 grein GSCHV koeël. Die ram het letterlik met die klap van die skoot dood neergeslaan. |
| Lees ook nr. 25 om meer te siene te kry oor die 40 grein HV koeël se vermoeëns. |
2008 -
![]() |
| On a Blesbuck hunt on the 25th of June in the Rietkuil area, situated in the triangle between Middelburg, Hendrina and Carolina, the heart of the Mpumalanga Highveld, I shot this Blesbuck ram over a distance of 200m per the rangefinder. Although my .308 with GSCHV 130gr bullets were zeroed on a 100m range, the shot was still slightly high and the bullet destroyed the arteries on top of the heart and also caused a lot of damage to the lungs. Almost no meat loss was caused by this shot. |
2007 -
![]() |
'n Oorvloed van jong Rooibokrammetjies teen billike prys het tot gevolg gehad dat hierdie twee by Tugam in die Pongola distrik gedurende Julie 2007 in die koelkamer beland het. Die 130gr GSCHV uit die .308 laat hierdie bokkies so vinnig val dat dit kompleet lyk of jy heeltemal mis geskiet het. |
2006 -
| Blouwildebeeskoei gejag gedurende Julie 2006 in die Alldays distrik met 7mm Rem Mag en 130gr GSCHV koeël. Perfekte hartskoot oor kort afstand in ruie bos - volledige penetrasie. | ![]() |
2005 -
![]() |
Jong Koedoebul gejag te Sondaba, Pongola distrik gedurende Julie 2005. Nekskoot skuins van vooraf op ongeveer 97m wat hoog op regterskouer uit is met absoluut die minimum vleisskade. .308 130gr GSCHV het die Koedoe in sy spore laat neerslaan waar hy vasgesteek het om na my en die gids te kyk. |