
Kobus Geldenhuys - Malopo - 5 tot 12 Junie 2010 -
FN Sauer .270 geweer met 110 grein GSCHV koeëls het dié werk hieronder verrig.
![]() |
Hierdie twee Blouwildebees koeie is elk met 'n hartskoot neergetrek. Volledige penetrasie, minimale vleisskade en een het net waar sy gestaan het inmekaar gesak toe die koeël haar tref. Die ander een het skaars 20 treë gehaal voor sy ook dood neergeval het. Afstande vanwaar geskiet was net oor 100 treë met een wat dadelik inmekaar gesak het en om en by 280 treë met die ander een. |
| Die twee Blesbok ramme is kort na mekaar geskiet - die Terminator knaldemper het die slag van die skoot effektief gedemp - soveel so dat die tweede ram met gemak geskiet kon word ná die eerste een. | ![]() |
Kobus Geldenhuys - Springbok - Malopo, 16 Junie 2006 -
Springbokram gejag met FN Sauer .270.
Op 127m het Kobus hierdie skoot skuins van voor af voor die linkerblad geplaas wat op die regterblad uit is. Die 110gr GSCHV uit sy .270 het die eenskoot-doodskoot tot gevolg gehad met baie min vleis verlies.
