
Johan Pieterse - Polokwane - 2009 -
| Ek skiet met ‘n standaard .308 Sako Finnwolf (Lever Action). 1:12" spiraal, 21 duim loop. Teleskoop: 6-24 x 44 Lynx. Aangeheg is 3 groeperings met die GSCSP 137 grein koeëls. Dis nie die beste groeperings ooit nie, maar dit wys ‘n baie goeie gemiddeld. Ek kan heeldag sub 20mm groeperings skiet op 100m met dié koeëls. |
| Het vroeër dié jaar tweede gekom in ‘n groepering kompetisie met ‘n 6.5mm groepering. Ek is lid by SA Sport en Jag en het vanjaar die Suid Afrikaanse Ope ook met die koeëls geskiet, met baie goeie resultate, tot op 200m 82/100. Wat die moly bedekking betref, na ongeveer so 7 skote is die loop eers so warm soos met 3 skote geskiet met nie-moly bedekte koeëls. Algemene indruk: Heelwat duurder as jou gemiddelde 155gr skyfskiet koeëls, maar my geweer groepeer glad nie met konvensionele 155gr's nie, só ek is gelukkig om die bietjie ekstra te spandeer. Baie gelukkig met die GSC308137SP koeëls. |
![]() |
Herlaai Data:
Winchester Dop;
Federal Magnum Primer;
S341 kruit (47g);
GSC308137SP koeëls;
Totale patroon lengte: 76mm;
Spoed: 2900-2950 vps.
Op 100m ge-zero, het ek so 3 duim val op 200m.