
Johan Lötz - Witbank - Augustus 2009 -
Ek het 'n rooibok ram geskiet met 'n Sako 243
op 126m. Ek het 'n 69gr HV koeël gebruik met 'n
lading van 45.4gr (S355) teen 3665 vps.
Die bok het ek reg van voor geskiet net so
langs die nek verby deur die hart. Die ram het net daar neergeval.
Die koeël is nie deur die bok nie, maar ongelukkig het die slagter
die koeël laat verlore raak.
Volgens Johan se Pa was vleisskade werklik die minimum.
