
Jaco Zeeman - Julie 2010 -
![]() |
Kameelperdbul - 100 treë - Frontale nek skoot. Vel is 19mm dik, spierweefsel van ongeveer 12" en deur die voorkant van die werwel (3"-4" been) tot in die murgkanaal waar koeël aan die agterkant van die kanaal herwin is. Die murg was af en die bul het soos die spreekwoordelike sak patats geval. |
![]() |
![]() |
265gr GS Custom @ 2590vps : 264,4gr of 99,77% gewigsbehoud.
Dié koedoebul is Julie 2010 naby Dundee op Chris Gunther se plaas gejag.
| Die afstand was 171 m en die projektiel het die nek gebreek en onder die vel van die teenoorgestelde kant se blad gesit. 375 H&H Magn: 265gr GS Custom HV, 2590vps. PMP doppe, PMP Magnum slagdoppie, 71gr S341 en totale patroon lengte van 96mm. | ![]() |
![]() |
Die herwinde koeël het 264.9gr geweeg - gewigsbehoud van 99.96%. |
Die lading soos hierbo het 'n 8,6mm 3 skoot groepering gegee met die finale spoed en groepering toetse. Ek sal dié foto ook aanstuur sodra ek hom op die rekenaar geplaas het.
![]() |
Hiernaas is die foto van die 100m groepering met die: GSC 375265HV PMP Doppe "Vol "resized"(5de); PMP Large Rifle magnum slagdoppie; Dryfmiddel: 71gr S341; Spoed: 2590 vps; TPL of COL: 96mm. |
GS Custom koeëls wat ek al kon herwin:
| Van links na regs - 1. 375265HV H&H: Breek die nek van 'n koedoebul, en stop onder die vel in die oorkantste blad - gewigsbehoud 99.96%. 2. 285130HV (7x57): Blouwildebees. Frontale skoot. Penetreer 70 cm. Kry die koeël in die grootpens. 3. 285130HV (7x57): Koedoe koei: Ingang voor op die linker skouerknop. Kry die koeël onder die vel by die laaste rib aan die regterkant. 4. 285130HV (7x57): Blouwildebees: Anker skoot op die kruis. Kry die koeël links voor die lies onder die vel. 45cm penetrasie. |
![]() |
Jaco Zeeman - 21 Julie 2009 -
| 'n Foto van 'n RW 23 3/4" Rooihartbees in Julie 2009 geskiet naby Rooiberg. |
![]() |
7x57 Musgrave; 130gr GSC HV; 60 treë; reg van voor in die laer nek/keel; 5 werwels oopgekloof; penetrasie ongeveer 70cm. |
PMP dop; PMP slagdoppie; 42gr S335; 2800vps; tpl 72mm (col).