
Francois Meyer - Bethlehem, Vrystaat - 24 April 2009 -
Hierdie pragtige 5-skoot groepering het Francois geskiet met sy 270 en GS Custom 270110HV (110gr) jagkoeëls oor 'n afstand van 100 meter.
Mooi so, Francois.
Let daarop dat Francois se uiters geringe verspreiding van die koeëls in hierdie groepering vertikaal is, wat aanduidend is dat sy geweer bitter min of geen foute in hom het nie. So ook is sy ammunisie en ladings wat hy hier gebruik het baie na aan perfek, indien dit nie wél reeds so is nie, met in ag neming van die menslike element teenwoordig in die proses.
