TF Distr.

Flip Koen - Helderkruin - 2009 -

Ek het lank met verskeie koeëls en gewigte rond gespeel. Ek het nou een koeël vir bosveld en vlaktejag, dit is die GSCHV 150gr vir my .30-06.
Ek gaan volgende jaar Spring- en Blesbokke in die Vrystaat skiet - die 150gr gaan soos 'n bom werk.
Ek het hierdie mooi 52" koedoe vanjaar in die Rooiberg distrik met n 150gr GSCHV in 30-06 kal. geskiet. Dit was 'n nekskoot, die koedoe het net daar in sy spore dood neergeslaan, die afstand was so 70 meter.
Die mooi groepering is op 'n 100 meter geskiet met die GSCHV 150gr uit my 30-06.