
Chris Opperman & Seun se jag - Mei 2008 -
Koedoe is in die Marble Hall omgewing gejag - het nog nie baie met die 375 en die GS Customs 265gr gejag nie, maar is tevrede, dit was 'n hart skoot oor 'n afstand van so 80m.

Die Vlakvark is ook in die Marble Hall omgewing gejag met .308 en 130gr GSCHV.

Die volgende fotos is van Chris se Blesbok wat oor 'n afstand van 80m in die Parys omgewing gejag is met .308 GSCHV 130gr koeëls - die ingangs- en uitgangswonde toon duidelik die minimale vleisskade wat ervaar is.


Die Swartwildebees is deur Christo Opperman in die Parys omgewing geskiet, ook met .308 GSCHV 130gr. Die jong manne se oë is goed, oor 'n afstand van 168m is die skoot net bokant die linkeroog geplaas!
