
Arnold Rix - Matieland, Stellenbosch - 20 Junie 2009 -
Ek het die vernier op die buite maat van die groep gestel sodat mens net mooi die grootte kan sien. Die 'c-t-c' mate van die groepering geskiet oor die afstand van 200 meter, is dan 36.19mm.
Die geweer is ‘n FN Supreme met Lynx 1.5 - 6 x 42 teleskoop. Die 195gr HV koeël se trompsnelheid is sowat 2960vps uit die 24" loop met die spesifieke lading.
