
Wicus Kemp, Dino Fourie en jagmaats - Pretoria - Einde April 2010 -
| Ons het einde April die geleentheid gehad om in die Noord Kaap naby Petrusville vir die eerste keer met die 150gr HV GS Custom koeëls in 30-06 kaliber te gaan jag. Ons het baie sukses gehad met die koeëls en was beslis tevrede met die resultate. Daar was uit die 2 Swart Wilde Beeste, 3 Blesbokke, 6 Springbokke en 2 Ribbokke nie een gekweste dier nie, en ook nie een wat ons meer as 3 min. gesoek het nie. Ons gaan beslis weer van die koeëls gebruik maak in die toekoms. |
![]() |
![]() |
Die swart wilde beeste het ook glad nie `n kans gestaan nie, ons het al twee met bladskote ( een hoog en een laag) laat val. Ons was benoud oor die taai beeste en die klein 150gr koeëls, maar daar was niks wat kon keer dat die beeste geval het nie. |
| Ons kon een koeël uit `n ribbok ooi se skedel haal en dié het nog 102gr geweeg nadat al die vlerkies/“petals” verloor het. Ons neem aan dis die harde skedel wat moes breek en gemaak het dat die koeël tenvolle ontplooi en vlerkies afbreek. | ![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Paul met 'n netjiese skoot op 'n Springbokram. |