
Piet Nel - Middelburg, Mpumalanga - 23 Junie 2008 -
Hierdie Blouwildebees bul het ek op 'n onlangse jag met 'n baie besonderse enkelskoot 8 x 68S jaggeweer en 'n GS Custom HV 160gr koeël in die Groblersdal/Stoffberg omgewing geskiet.
Alhoewel dit 'n goedgeplaaste longskoot was oor 'n afstand van ongeveer 100 meter, het die bul net daar waar hy gestaan het toe die GSCHV hom tref, in sy spore neersgeslaan met 'n paar laaste skopbewegings.
