TF Distr.

Nico Schoeman en vriende - Karoojag 2010 -

  Ons het so einde April gaan jag by Amie Venter naby Petrusville in die Noordkaap. Tipiese voorsitjag met die jaers wat baie goed gemerk is, elkeen dra ‘n lang paal met ‘n wit vlag bo-op.

Op die foto is ek heel links en langs my staan Fanus, dan Jacques met die geweer in die hand, dan Colin. Armand, Jacques se seun, is onder. Armand het ons land hierdie jaar gaan verteenwoordig as lid van die “bench rest” span wat in die Tjeggiese republiek gaan kompeteer het. Hy het brons in sy afdeling gekry. Op die rakke hang daar 22 bokke, ‘n lekker oes.
Gewere gebruik: 300WM, 2x 30-06 Ackley Improved, 270W en ‘n Sweedse Mauser. Almal het net GS Custom HV jagkoeëls gebruik.