
Jaco Zeeman - Naweek van 6 November 2010 -
Bietjie terugvoering oor 'n jag verlede naweek in Bronkhorstspruit omgewing.
| Ek laai vir my 7x57, GS Custom se 130gr HV om mee te jag. Ek was aanvanklik bietjie skepties om die ligte koeëltjie op 'n Eland te probeer, maar dis al waarmee ek toegelaat was om te skiet. Toe die Eland 'n skoot aanbied, was hy 208m (afstandtaster) van ons af en het na links geloop en wei. Ek het net gewag dat hy sy linker voorbeen vorentoe plaas terwyl hy wei, sodat die projektiel nie die dik been in die voorbeen tref nie, maar net die ribbes wat dalk kan weerstand bied. Die projektiel het tussen 2 ribbes deur gegaan, deur die middel van die hart (foto: sien die projektiel langsaan) en onder die vel van die anderkantste blad gestop. Hy het 10 treë geloop en geval. 'n Gewigsretensie van 127,8gr of 98,3 % is verkry - (foto van herwinde koeël.) | ![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Die gemsbok was 205m en die projektiel is regdeur. Hy het sowat 15 of 20 treë gedraf en geval. Ook deur die hart geskiet. 7x57; 285130HV; 41gr S335; 2853vps. |
| Die ribbekas foto is van die Gemsbok geneem. Die groot gat (links op foto) is die ingangswond en die kleintjie (regs op foto) met die gaatjies rondom is die uitgangskant. Die sêkondere wonde is waarskynlik die "vlerkies"/"petals" wat afgekom het en die gaatjies veroorsaak het. | ![]() |
In die jag van hierdie twee bokke deur Jaco Zeeman, is die stelling wat ons gemaak het in ons waarnemings, weereens bewaarheid, naamlik:
Jagters wie die jag- en skietkuns insoverre dit jag betref, tenvolle bemeester en tot 'n fyn kuns ontwikkel het, gebruik medium tot klein kalibers waaruit hulle ligte, vinnige koeëls van baie goeie konstruksie, uiters akkuraat kan plaas in hul jagte en so die doodmaak vermoë van hulle kleiner gewere byna ongelooflik baie, en herhaalbaar boonop, verhoog.