
| HV BULLETS | FN BULLETS | SP BULLETS | BRASS CASES | ACCESSORIES | ||
| Hunting Opportunities |
Feedback from our customers and other GS Custom bullet & accessory users.
This is what they say:
39. Ek het met die 9.3 (366195HV172) 1 koedoe en 2 blouwildebeeste geskiet met 3 patrone. (145, 175 en 200 meter.)
Ek het met die 308130HV080 `n blouwildebees geskiet verder as 325 meter (ek wou nie skiet nie, maar die eienaar van die plaas het my gevra om die spesifieke bul te skiet), 1 skoot deur die hart, hy het vir 5 sekondes gestaan voordat hy dood neergeval het. (Dit is die enigste koeël wat ek kon herwin die jaar. Die koeël het baie mooi omgeklink en amper niks gewig verloor nie.) Dit is nou die kombinasie wat die voorgestelde wetgewing nie wil toelaat nie. (Hulle wil 150 grein sien.)
Waar ek raakgeskiet het, was die resultate uitstekend en, albei my gewere skop minder, so het ek die 9.3 se trajekte baie beter geken as in die verlede, omdat ek baie meer kon oefen met hom.
Quentin Campbell - 15 November 2011.
38. Wow You Guys are quick,
wish other sellers online could be as efficient as you chaps.
Many thanks,
William Powell. ~ 4 July 2011.
37. Baie dankie vir al julle moeite en uitstekende diens. (Iets wat maar raar is deesdae.)
Groete,
Quentin. - 28 Mei 2011.
36. 5 Gemsbokke is met my .25-06 met 85gr GSCHV koeëls teen 3751vps geskiet.
Afstande het gewissel tot en met +-300m.
Die GSCHV's mors so min vleis dat jy letterlik tot teenaan die gat kan eet!
Hulle het ook 'n 'great skok-effek', as die koeël die bok slaan, hol hy na die naaste bos toe (so 10 of 20m) en gaan lê net daar.
Uit die 5 GSCHV skote, is net twee koeëls onder die vel aan die uitgangs kant gekry, die ander 3 trek nou nog...
Die 85 greinertjies het selfs op daardie afstand dwarsdeur die gemsbokke geskiet.
Wat betref die skok-effek, dit lyk verseker of hulle harder as ander koeëls slaan daar voor.
My opinie oor die skok effek is die feit dat die GSCHV in .25 kaliber vinniger oopmaak as die swaarder Barnes koeël in .30cal en sodoende meer energie aan die bok oordra.
Die twee GSCHV koeëls wat ek in bokke gekry het, het wel hulle vlerke afgegooi na die groot skouerbene getref is, maar steeds in 'n reguit lyn aanhou penetreer soos enige soliede koeël wat sy sout werd is, behoort te doen.
Eugene van Niekerk - 17 Mei 2011.
35. Die moontlikheid bestaan dat ons al wel voorheen hierdie onderwerp van 'bore paste' gebruik en die nadelige invloede daarvan op 'n geweer loop, iewers op ons webwerf bespreek het. Nogtans, hierdie tipiese bewering van 'n Bisley skut en ook ander jagters se mening daaroor, word hier baie duidelik bespreek en verduidelik deur Gerard Schultz. Daarom glo ek almal kan weereens hierby baat vind.
Bisley skut: "Gerard is korrek dat skuurpastas loopleeftyd verkort, dit is egter nie naastenby so erg of veel soos sommiges dit wil afmaak nie. Oordeelkundige gebruik, met goeie skoonmaak toerusting en praktyke, kan ek skuurpastas met vertroue en jare se ondervinding aanbeveel."
'n Jagter se mening:"Ek dink wel daar is plek vir 'borepaste', maar net in erger gevalle van koper neerslag."
Gerard Schultz se volledige uiteensetting van die gevolge van 'bore paste' gebruik in 'n jaggeweer se loop: Daar is 'n faktor wat julle uit die oog verloor. Akkuraatheid gaan om konsentrisiteit van die stelsel. Met ander woorde, as die koeël uit die dop gelanseer word en deur die vryboor in die loop af beweeg, met die lang as van die koeël op lyn met die senter en lang as van die loop, is alles in orde. Doen hierdie proef met 'n akkurate, maar goed gebruikte Bisley geweer. Laai hom met enige vervaardiger se 'Palma match' koeël en skiet 'n groep. Laai hom dan met progressief harder koeëls waar die mantel al dikker word en die loodkern al harder. Werk deur die ongebonde koeëls en dan na gebonde koeëls, A-frame en soliede skagte tot by monometaal koeëls. Jy sal vind dat die geweer al hoe meer onakkuraat word, namate die konstruksie van die skag van die koeël sterker word. Die rede hiervoor is eenvoudig. Met dun mantels en sagte loodkerns, verkort die koeël maklik en sit dan uit in deursnee, tot dit die wand van die vryboor ontmoet. Die lang as van die koeël bly dus in ooreenstemming met die lang as deur die senter van die boor van die loop. Dit gebeur vroeg in die beweging van dop tot tromp, nog voor die koeël volledig gegraveer is. Met Bisley gewere is die kamers op minimum, doppe word sorgvuldig voorberei en 'runout' van die gelaaide ammunisie word nagegaan. Daar word groot klem geplaas op konsentrisiteit. Indien die deursnee van die vryboor en loop 120 mikron oor grootte is, maak dit nie saak nie. Soos wat die koeëlskag harder word, en minder geredelik (stadiger) vergroot in deursnee, is daar meer geleentheid vir die lang as van die koeël om te kantel, want nou is daar spasie tussen die vryboor en die oppervlakte van die koeël wat dit toelaat. Die koeël begin word 'n 'rattle fit' deur die vryboor en akkuraatheid neem af. En dit bring ons by die probleem. Waar koeëls gebruik word met dun mantels en sagte loodkerns en waar uiterste aandag aan konsentrisiteit gegee word, maak deursnee spesifikasies nie baie saak nie. Dit is die tipiese skyfskiet / Bisley situasie. Konsentrisiteit is teenwoordig en akkuraatheid is vanselfsprekend. Geen verantwoordelike jagter sal koedoes en wildebeeste aandurf met 'n 'match' koeël nie. Die tipiese produksiejaggeweer is nie so konsentries gebou soos 'n kompetisie geweer nie. Die meeste jagters laai nie met kompetisie matryse nie. Dopvoorbereiding is nie op dieselfde vlak as die van Bisley skuts nie en 'runout' meet is 'n vreemde konsep. Al wat tussen die gemiddelde herlaaier/jagter en akkuraatheid staan, is die dimensionele spesifikasie van die stelsel. Dit is die enigste manier wat konsentrisiteit op 'n aanvaarbare vlak gehou kan word. 'n Standaard jaggeweer vind geen baat by skuurmiddels in die loop nie want dit vernietig die standaard dimensies en promoveer asentrisiteit. Daar is geen baat aan die sny van doppe se nekke nie, want dit vergroot die speling tussen dopwand en kamerwand en konsentrisiteit word verminder. Dus: As die Bisley manne lus voel om die deursnee dimensies van hulle lope te vergroot is hulle baie welkom om dit te doen. Dit affekteer hulle nie met hulle sagte koeëls nie. Moet asseblief net nie vir die manne met produksiegewere vertel daar is niks verkeerd met pasta nie, en dat dit heeltemal in orde is om die loop deursnee dimensies te vernietig nie. Jagters gebruik taaier koeëls en gewere wat buite spesifikasie is, skiet nie akkuraat daarmee nie. Ek kan legio voorbeelde gee waar bogenoemde beproef is en deur meting gestaaf is.
34. Die GS custom koeëls se drukvlakke is baie laer as enige van die ander koeëls wat genoem is. Hulle dravlak is min met die dryfbandjies wat verspreid is. Die koeëls is ook gewoonlik ligter as die norm wat maak dat jy hulle natuurlik vinniger kan lanseer. In kombinasie met die klein dravlak en die koeël gewig kan jy die koeëls regtig teen noemenswaardige snelhede dryf.
Dit gee regtig 'n ander dimensie aan die stadige kalibers. Ek het byvoorbeeld die 195gr GSC HV uit my 9.3 x 62 teen so 2960 vps geskiet. Op 200m gezero was ek so 2" hoog op 100m. ~ Arnold Rix - 8 Desember 2010 op Jaracal forum.
33. Die GS Custom koeëls het in my opinie 'n totale omwenteling in die jagstorie veroorsaak. Baie jagters laai verskillende rondtes vir verskillende doeleindes. Gewoonlik een-of-ander ligte koeël vir vêr skote op vlaktewild soos Springbokke of Blesbokke en dan weer 'n swaar koeël vir daardie Koedoe-jag in die bosveld.
En om dan alles nog meer om te krap moet 'n lading ontwikkel word vir daardie Gemsbok-jag of wat van 'n Zebra-jag daar in die hooglande van Namibië.
Ek kan dit alles op hierdie stadium doen met een geweer, een lading en een koeël.
My 300WM Remington is ingestel op twee honderd meter en ek mik nie eens op of af vir honderd of drie honderd meter skote nie. Die koeël tref nog steeds die doodsdriehoek op Gemsbok grootte wild. (Nico gebruik tans die 308160HV koeël in al sy jagte.)
In my opinie bring dit 'n beduidende besparing mee, want jy hoef nie die hele tyd jou teleskoop in te stel tussen jou verskillende soorte ladings nie. By myself help die een lading ook met selfvertroue, want ek ken my geweer en ek hoef nie die hele tyd te konsentreer om te probeer onthou wat se soort patroon daar nou in die loop is nie. Hel en hy skiet akkuraat!
Nico Schoeman ~ Klerksdorp ~ kommentaar via e-pos 18 Oktober 2010.
32.
Subject: Dringende afhaal van oortollige wild -
Date: Tue, 5 Oct 2010 13:01:01 +0200
From: RINA
To: 'Techfund Distributors'
Middag Koos,
Baie dankie vir jul goeie werk. Ons het uitstekende reaksie gekry.
Groete,
Rina Minnaar.
Bogenoemde in reaksie op adverteerder se versoek ontvang en hanteer deur TechFund Distributors op 4 Oktober 2010 - sien onderstaande TechFund Distributors e-pos -
From: Techfund Distributors [mailto:bullets@techfund.co.za]
Sent: Monday, October 04, 2010 6:31 PM
To: undisclosed-recipients:
Subject: Dringende afhaal van oortollige wild -.
Finale terugvoer vanaf die adverteerder -
On 06/10/2010 08:21 PM, RINA wrote:
Goeienaand Koos,
Kan julle asb. die spesiale aanbod afhaal. Ons het soveel navrae gehad dat as almal wat gesê het hulle kom, gaan ons meer afhaal as wat nodig is. Baie dankie vir julle hulp.
Rina Minnaar.
Let op die datums - 4 Oktober versoek om te help met die afhaal van oortollige wild ontvang; 5 Oktober terugvoering dat reaksie uitstekend was; en 6 Oktober die adverteerder se versoek om spesiale aanbod vanaf hul advertensie te verwyder - binne tydsbestek van drie (3) dae is die probleem ten volle aangespreek!
Spesiale woord van dank aan ons kliënte en talle ander jagters wat op ons versoek om ons adverteerders te ondersteun, gereageer het. Sonder u hulp was dit nie moontlik nie. Baie dankie, Koos.
31. Baie dankie vir die spoedige reaksie en terugvoer.
Julle diens sover is uitmuntend en ek is baie beïndruk.
Dis doodreg, ek sal vir julle terugvoer stuur sodra ek die produkte gebruik het.
Lekker dag verder!30. Nuwe gebruiker van GSC koeëls vra onlangs die volgende raad op bekende forum -
"308 137gr SP GS Custom koeëls 2010/09/09 22:15 -
Ek het vandag my 308 137gr SP GSC koeëls by die poskantoor gaan haal.
Het enige iemand al van die koeëls gebruik? GS Custom gee net 'n lading met S321 aan. Is S321 die beste dryfmiddel vir die 137gr koeël? Wat van S341? S335?
Ek gaan PMP en Remington doppe gebruik met magnum slagdoppies. Ek het 'n 7.62 Musgrave RSA skyfskiet geweer wat nog standaard is. As iemand my kan help met begin ladings van enige Somchem dryfmiddels en enige ander raad oor die spesifieke koeëls,soos moontlike spoed, akkuraatheid sal ek dit baie waardeer, dankie!"
Gerard Schultz het op dieselfde forum soos volg hierop geantwoord:
"Begin hier:
Ons gee net een Somchem dryfmiddel aan want dit is die beste een uit die Somchem lot. Volg ons riglyne en skakel my indien jy nie 'n goeie resultaat kry binne 20 of so skote nie."
Dit is belangrik dat nuwe gebruikers van GS Custom koeëls moet besef dat raad verkry op enige forum in verband met ladings en lading ontwikkelingsmetodes met dié unieke koeëls, nie noodwendig die korrekte inligting sal wees nie.
Dit is bloot so omdat die meeste forum lede en nie-gebruikers van GSC koeëls, se kennis in die verband slegs beperk is tot hierdie aspekte in soverre dit loodkern gemantelde koeëls aangaan. Wat geld vir loodkern gemantelde koeëls is hoegenaamd nie van toepassing op GS Custom se unieke dryfband konsep, monometaal koeëls nie.
Daarom is dit uiters belangrik dat die maklike instruksies met betrekking tot die gebruik van GS Custom koeëls, noukeurig nagevolg moet word om die beste resultate in die kortste moontlike tyd met die minste moontlike hoeveelheid koeëls gebruik in die proses, verkry word.
Volg hierdie koppeling om die lading ontwikkelingsmetode onder die knie te kry - lading ontwikkeling; en
hierdie koppeling neem jou na jou spesifieke koeël se laai data.
Kontak ons asseblief indien u enige probleme hiermee ondervind.
29. Kommentaar ontvang vanaf 'n gebruiker van M98 na 'n onlangse Nuusbrief handelende oor skoonmaakmiddels, gerig aan talle jagters -
"M98 kom nie naby KG12 nie. Ek gebruik dit myself op my .375 waarmee ek Barnes punte skiet.
Barnes se eie CR10 is nog minder om van te skryf. Dis absoluut 'useless'.
Net, en slegs KG12, kon die 'copper fouling' met matige geduld totaal verwyder. KG12 nie verkrygbaar in SA, moes dit van die UK af bestel."
Eerstens, my eie antwoord aan die persoon op bg. kommentaar:
"Baie dankie vir jou terugvoering mbt skoonmaakmiddels.
Bloot uit agtergrond kennis van chemikalië sal ek jou soos volg antwoord:
1. Chemiese skoonmaakmiddels reduseer aanpaksels tot oksiede wat vlugtig en dus maklik verwyderbaar is.
a) koper se oksiede is blou van kleur, vandaar die blou gekleurde lappies wat uit geweerlope kom as jy M98 reg gebruik soos die gebruiksinstruksies aandui.
b) yster en staal se oksiede is donker bruin of roesbruin van kleur.
| "With KG 12 You Find The Copper Comes Out Dark Brown / Golden Brown Colored." |
Hier is Gerard Schultz se kommentaar wat ook aan dié persoon deurgegee is -
[02:24:50 PM] Gerard Schultz: "Hallo Koos, ons het vergelykende toetse gedoen met KG12 en M98. KG12 bevat 'n soorgelyke aktiewe komponent as M98 en daarby gevoeg is waarskynlik iets soos "hydrogen peroxide" wat suurstof vrystel om te help met die reduseer aksie. Dus, wanneer mens produkte vergelyk en M98 gebruik soos die aanwysings van KG12 aanbeveel, sal M98 glad nie goed werk nie. Bv. deur die koeëls onder te dompel en dan te weeg hoeveel koper opgelos word in 'n gegewe tyd of deur die loop by die tromp te prop en dan vol vloeistof te gooi.
Wanneer M98 gebruik word soos ons aanbeveel, is dit net so vinnig soos KG12 en teen 'n breukdeel van die koste. Kassie Kasselman het ook vir my vertel dat M98 te stadig is. Toe ek vra hoe hy dit aanwend, het dit uitgekom dat hy die loop prop en vloeistof ingooi. Sommige mense neem nie instruksies ernstig op nie en dan kom hulle kort."
Finale terugvoer vanaf genoemde gebruiker na ontvangs van ons bg. antwoorde op sy aanvanklike kommentaar gelewer:
"Ja, dit wat jy sê is waar. Ek was ook skuldig want ek het my loop te lank "vuil" gelos.
Ek gebruik maar meestal M98 op my ander wapen lope en ek vind dit 100% effektief.
KG 12 is ongelooflik duur. Nie moeite werd op die langeduur nie."
E-pos kommentaar ontvang op 2 September 2010.
28. Comments re Internet purchases and clients' experiences with it -
I even support local internet gun-shops! Coen at Neo-C is one of the best internet vendors (local and overseas) I have ever had the pleasure to do business with. His prices are decent, product variety and availability is good (and what he doesn't have he'll get chop-chop) and his customer service is FANTASTIC! The same can be said for Koos at TechFund Distributors, excellent and professional service.
Deon - 31 August 2010 - Pot-Shot.
27. 375 H&H koeëls herwin:
(Bekende handelsname van koeëls ander as GSC is vervang met 'loodkern' en 'koper-X').
1. 300gr 'loodkern' koeël @ 2630vps: 244gr of 81% gewigsbehoud. Blouwildebees - 80m - nek. Nie gepenetreer. Teen werwels gekry.
2. 300gr 'loodkern' koeël @ 2630vps: 214gr of 71% gewigsbehoud. Blouwildebees - 30m - nek. Nie gepenetreer. Teen werwels gekry. (Dieselfde bok as bo maar in die hardloop geskiet nadat hy opgespring het omdat die eerste skoot nie gewerk het nie en ook aan die anderkant van die nek. Tweede 'loodkern' koeël het darem die murg gebreek, al het tweede 'loodkern' koeël ook nie die werwelkolom gepentreer nie.)
3. 300gr 'koper-X' @ 2560vps: 224gr of 74,5% gewigsbehoud. Koedoebul - 75m - "hark" skoot (raking shot). In, net voor linkerboud en gestop teen
rugkolom net agter skouer,(die rugbiltong het amper vir 2/3es 'n tonnel in
gehad). Dit was 'n opvolg skoot nadat die eerste skoot met 'koper-X' koeël laag deur die longe was en die bul begin weghardloop het.
4. 265gr GS Custom HV @ 2590vps: 264,4gr of 99,8% gewigsbehoud. Koedoebul -
171m - links in, nek gebreek en stop onder die vel aan oorkantste blad.
5. 265gr GS Custom HV @ 2590vps: 264,9gr of 99,9% gewigsbehoud.
Kameelperdbul - 100 tree - Frontale nek skoot. Vel is 19mm dik, spierweefsel
van ongeveer 12" en deur die voorkant van die werwel (3"-4" been) tot in die
murgkanaal waar hy aan die agterkant van die kanaal herwin is. Die murg was
af en die bul het soos die spreekwoordelike sak patats geval.
Wat al hierdie koeëls se vergelyking spesiaal maak is dat almal nek of
rugstring skote was. Ek is baie beindruk met die verrigting van die GS
Custom koeëls soos jy uit bogenoemde inligting kan aflei.
Jaco Zeeman - 29 Julie 2010.
26. Sommer net 'n bydrae van my kant af.
Knettervuur-praatjies so in die veld bly darem maar lekker, maar hierdie laaste twee (resessie) jare hoor ek al hoe meer kerm-praatjies oor koeël pryse. Ouens se oë rek mos maklik as jy noem dat jy 'custom made' koeëls gebruik. Twee dingetjies wat ek aan hierdie 'moan-manne' wil noem:
1. Dat sogenaamde 'rak-patrone' ook maar lekker duur geword het, en dan weet jy nie aldag wat jy kry nie. Die verpakking sê een ding maar jou jag ervaring vertel al te gereeld 'n ander ding. Praat nie eers van die einste 'rak-patroone' vat en oopmaak om die dryfmiddel en die koeël te weeg nie. Doen die moeite, dan praat ons weer.
2. Om net hierdie jaar as voorbeeld te neem, ek skiet so 3 skote voor die jagseisoen om seker te maak my ou staatmaker is steeds gevaarlik akkuraat (meer vir my eie Gauteng-oog as iets anders). Dan weer 1 of 2 skote, gewoonlik op aanvraag van die plaas eienaar, net voor ons die veld ingaan. En dan vat dit my presies 4 skote om 4 bokke neer te sit - dis al. My maksimum van 9 patrone uitskiet per jaar laat ook mense se oë rek, en ek het eers verstaan hoekom toe ek moes hoor daar is mense (ja hul noem hulself ook jagters, nes ek) wat tot meer as een boksie patrone per jaar moet gebruik om dieselfde reg te kry. Soms noem hul almal nie eers hul tweede skote om bv. 'n blouwildebees te dood nie.
Wie betaal nou meer?
Dis die dat ek met groot waardering en 'n breë bors kan dankie sê aan GS Custom koeëls en so ook aan Koos (my Pa) van TechFund Distributors - julle sorg vir ware jagveld prestasies keer op keer op keer!!!
Kobus Geldenhuys, Randpark Rif, Randburg - Junie 2010.
25. It is amazing what accuracy out of a small calibre rifle with a premium grade bullet can bring about. I went on a Blesbuck hunting trip early Tuesday morning, 18 May 2010.
At just over 100m I took my first ram with a perfectly placed, high neckshot out of my .222 Remington Anschutz rifle with a GSCHV 40gr hunting bullet.
The second ram presented itself with an opportunity for a shot at 140m. Once again a nicely placed, high neckshot dropped him in his tracks.
Both bullets penetrated completely and couldn't be retrieved.
This, quite so easy an achievement, makes a total laugh of Magnum's statement made in Shooter's Clinic on page 75 in their April 2010 edition, namely:
"The .222 Remington is not the ideal cartridge for springbuck or bushbuck, no matter what bullet you use."
Springbuck is smaller than Blesbuck and Bushbuck could be same size or slightly larger than Blesbuck again.
So why on earth is the .222 Remington, according to Magnum, not suitable to hunt these antelopes with 'no matter what bullet you use', again as stated by Magnum?
Koos Geldenhuys, Witbank - 18 May 2010.

A three shot grouping out of that same .222 Remington Anschutz rifle.
24. Ek het Saterdag, 15 Mei 2010 vir die eerste keer met my .270 FN Sauer geskiet nadat ek 'n Terminator knaldemper laat installeer het.
Op die 100m baan, wat geheel deur drie, hoë grondwalle ingesluit is, met 'n redelike windtjie van die oop agterkant af, was die klank goed gedemp. Die suis geluid van die koeël in vlug was meer hoorbaar as die knal van die geweer. In normale oop jagveld waar mens poog om windop te beweeg en te skiet sal die klank beslis baie meer gedemp wees vir wild wat gejag word.
Wat egter verrassend baie opvallend was, is dat die terugskop/'recoil' van die geweer, by verre minder is in vergelyking met skote wat sonder die knaldemper afgevuur is.
Kan die knaldemper beslis aanbeveel.
Kobus Geldenhuys, Randparkrif, Randburg - 17 Mei 2010.
23. Hallo Koos,
Om eerlik te wees, ek het nie baie ondervinding met knaldempers nie, maar my ondervinding so ver is net goed. Dit haal ongelooflik baie van die 'recoil'/(terugskop) weg en my geweer (.308W) groepeer steeds baie goed (8mm).
Ek sou graag wou hê dit moet meer van die klank demp, maar vir die prys glo ek nie jy kan meer verwag nie. Die ander meer ervare ouens by ons Jagters vereniging tak is vol lof en ek weet van ten minste nog 3 wat na my bestel het.
DU BRUYN JONKER, Port Elizabeth - 14 Mei 2010 per e-pos.
Let op die volgende:
1. Die doel van die Terminator knaldemper is om die knal van die geweer 100% te demp vir die wild wat gejag word vanaf ongeveer 100m (kan selfs effens nader wees) van waar die skoot afgevuur is.
2. Op die punt van afvuring behoort die knal ± 50% gedemp te word. ~ TFD.
22. Hallo Koos,
Eerder laat as nooit!!! Baie in my skik met julle knaldemper! Werk soos 'n bom.
Baie dankie vir die goeie diens en uitstekende produk!
Groetnis,
MAURITZ BURGER, JEFFREYSBAAI - 13 Mei 2010 per e-pos.
(Mauritz gebruik sy knaldemper op sy 300H&H ~ TFD.)
21. Ek het so paar maande gelede van jul koeëls gekoop vir my .338 WIN MAG. Ek het dit deur die pos bestel en kon nie glo dat dit die volgende dag al hier in Warmbad was nie.
So paar dae later het ek 'n paar rondes gelaai en ek het met 4 rondes die geweer ingeskiet, en so 10 min. later het ek 'n groepering van 11mm geskiet wat ek nog nooit met die geweer kon regkry nie.
20. Thanks for the excellent service. I am very impressed. ~ Deon Hignett, Cape Town - 22 October 2009.
19. "Die lekkerste skoot en die beste een om die 270110HV's te kan verduidelik, het ek nie my kamera by my gehad nie. Dit was 'n Rooihartbees wat ons gaan jag het tussen Tosca en Bray. Die bul was "ge-range" op 206m en ek het net agter die blad gemik. Ons kon hoor dit was 'n treffer en binne 20m het hy geval. Daar aangekom was die skoot net agter die regterblad in en is reg op die linkerblad uit. Dit is uitstekende penetrasie vir 'n 110gr koeël. Dit was toe my eerste dier wat ek met GS Customs se koeëls gejag het en ek was baie beïndruk. Veral met die feit dat ek seker nie eers 100gram bladvleis nie kon gebruik het nie. ~ Francois Meyer, Bethlehem - 11 Augustus 2009."
18. Baie dankie vir die netjiese en goed georganiseerde webwerf. Ek het via 'n vriend van my van die patrone verneem, nadat ek so pas teruggekom het van my vierde jag vir die seisoen waartydens ek 19 diere gejag het.Ek is bevoorreg om vir 'n vriend van my in die slaghuisbedryf wild, vir verkoop te jag (lw. Jag en nie uitdun nie). Julle patrone het my beindruk, en ek het sommer gister al 'n e-pos na Johannesburg gestuur ivm die beskikbaarheid van patrone, asook sekere inligting mbt die suksesvolle ontwerp van ladings vir eers net my volgende vier kalibers; 308 Norma Mag, 303 Epps, 6.5 x 56 en 2 x gewone 303"s.Ek het nou onlang die langafstand toetse tot 500 meter van die Zeis Diavarie 2.5-10-50 Victory afgehandel met die Rapid-Ztm 5 ballistiese haarnaalde, en is so spyt dat ek nie toe al van julle HV patrone vir my 308 Norma Magnum gehad het nie.
Groete,
Willie Olivier ~ 21 Julie 2009.
17."Ek het vanoggend my geweer skoongemaak met M98 wat ek by Gerard Schultz van GS Custom punte gekry het, en ek moet sê dat dit ongelooflik was hoe vinnig my loop skoon was, en geen meer swart moly uitgekom het nie.
Anders as die helse gesukkel van so paar weke van te vore met al my ou skoonmaak goed.
My lope het nog nooit met so min moeite in so 'n kort tydjie skoongemaak, en was nog nooit so skoon, en vry van koper neerslag in al my jare van skiet, soos nou nie." ~ Piet Breedt, SAJSV Forum - 19 April 2009.
16. "My 375/06 (9.3x62 kamer) dryf die 375200 HV @ 2900+ f/s.
Hierdie is vir my die veeldoeligste Kaliber vir Springbokke en Gemsbokke op langafstand (250m +) in suid Namibië en Koedoes en Elande in die bos."
Aubrey van der Westhuizen ~ 15 April 2009.
15. "Facing the setting sun, the (hartebeest) bull probably could not identify me and moved left and clear of the others for a better look. He was facing me at a slight angle and I steadied the crosshair on the point of his shoulder.
At the shot I felt no recoil, but clearly heard the strike of the bullet. The old one turned and tried to follow the others, but his legs would not carry him. I watched the spot where he went down in the long grass for a few seconds, then made my way over there. One hundred and ninety paces later I knelt beside him. Later, during the autopsy, I found that the 130gr GS Custom bullet (launched out of his .30-06) had broken the near shoulder, passed over the heart, destroying the 'plumbing', and continued through the liver and rumen to lodge under the skin in front of the far back leg - phenomenal penetration for such a light bullet." ~ Article in Man Magnum's January 2009 issue written by Koos Barnard - page 46 refers.
14. Kassie Kasselman skryf in die SA Jagter van September 2008 op bl. 24 in die artikel "Roesbeskerming en wapenonderhoud" onder andere die volgende:
"Wanneer u koeëls gebruik wat met molibdeen behandel is (sulke grafietkleurige koeëls), kan u verseker wees dat daardie koeëls ook koper afvryf in die loop en moet die loop ook behandel word teen koperneerslag. Dit is egter belangrik dat u 'n waterbasis nitro-oplosmiddel gebruik om die molibdeen-neerslag te verwyder (skrop). 'n Oliebasis nitro-oplosmiddel verwyder nie die molibdeen-neerslag effektief nie, gevolglik loop u die gevaar van metaalerodering in die loop oor die langer termyn.
Gerard Schultz se M98 is 'n goeie voorbeeld van hierdie skaars tipe skoonmaakmiddel."
Ons kan met vrymoedigheid hier byvoeg dat M98, net soos op die botteltjie aangedui word, ook koper- en nitro-neerslag uiters effektief en baie vinnig verwyder - sonder 'n geskrop en ure lange gewag.
Kliek op M98 Bore Cleaner hierbo en lees meer oor dié produk.
13. "Your 130gr GSCHV's gave far better hunting results in my .308 than a much heavier 180gr Rhino bullet did in the past.
Last year I had to follow up on a Bluewildebeest and only with the second shot in the heart/lung area with the 180gr Rhino, managed to kill the animal. Neither of the two Rhino's shot through the Bluewildebeest.
Late July this year I took a similar shot with your 130gr GSCHV on a Bluewildebeest and the bull managed to do just on 30 yards before it collapsed - by the time I have walked the roughly 120 yards to where he was lying, he was dead already.
That's a major difference in bullet performance and the bullet exited the animal with far less meat damage compared to what the two Rhino bullets did to the Bluewildebeest hunted the previous year.
Thanks." ~ Ettiene - 8 August 2008.
12. "Na 'n lang en strawwe jagsessie - Mei tot amper helfte Julie vanjaar - het ek die afgelope naweek my 9.3 x 62 vir die eerste maal goed skoongemaak met julle M98.
Moet sê, was aanvanklik maar skepties oor die gebruik van water saam met die M98!
Nou kan ek egter met oortuiging sê dat my geweer nog nooit so vinnig skoon gekom het na so 'n lang skietsessie sonder tussentydse skoonmaak nie - tweede waternat lappie het so te sê spierwit uit die loop gekom.
Gaan toekomstig die M98 op al my gewere gebruik - puik skoonmaakmiddel!" ~ Rudi Mellinson - RSA/Botswana grens gebied - 14 Julie 2008.
11. "My .308 groepeer uitstekend met GSCHV 130gr teen 3160vps. Beste van alles is die veel ligter terugskop (recoil) van my geweer. Nou vir die jag eersdaags vanaf 10 Mei 2008 - kan nie wag nie!" - Kornel Prinsloo - 14 April 2008.
(Besoek ons nuwe Gallery blad en sien hoe suksesvol Kornel se jag toe was met die GSCHV 130gr koeëls!)
10. "Baie dankie vir die spoedige, puik diens!!"
Kobus Davel. - 28 Februarie 2008.
9. "Goeie dag,
Ek het van jul produkte al gekoop, 'n benchrest en punte en is baie in my skik daarmee gewees.
Koos op Witbank was regtig baie hulpvaardig.
Nogmaals baie dankie vir jul puik produkte.
Groete."
FRED HATTINGH - 24 Januarie 2008.
8. "Baie dankie vir jul inligting en die spoedige diens.
Ek het nog net een keer 270 GSCHV 110 greiners gekoop. Ek het net eers 50 gekoop en met hulle gejag.
Ek was baie tevrede met die punte en kon een uit 'n Koedoe herwin wat 85% gewig behou het. Die vleisskade was weglaatbaar klein en ek sal beslis weer met hulle jag. Ek het egter 'n jong vlakvarkie op bykans 30 meter geskiet. Daar was 'n groot wond, maar geen bloederige vleis soos 'n mens sou verwag nie. Dit het net gelyk asof die vleis gemaal was.
Nogmaals baie dankie."
Jacques Obermeyer - 10 Desember 2007.
7. "Môre Koos,
Baie dankie. Puik diens soos altyd."
Eras Reyneke - 14 Augustus 2009.
"Baie dankie Koos.
Ek waardeer julle goeie diens - sulke diens is maar yl en dun gesaai deesdae."
Eras Reyneke - 28 November 2007.
6. Netjiese website - wel gedaan. Baie dankie vir die koeëls wat julle geborg het en ek die gelukkige wenner van was! Ek sien baie uit daarna om julle produk te gebruik - het al baie goeie terugvoer daaroor gehoor.
Skietgroete, Martêl Jacobs ~ 11 September 2007.
5. "On Thursday, 12 July 2007 on a hunt in the Pongola area, I took a 'well placed' shot at a Bluewildebeest that was standing about 100 yards away in the shade of a tree, not knowing at that stage that the target animal's shoulder was actually right behind a ± 2½" thick tree branch.
Due to the shade it was impossible to see the dark brown branch against the almost black background of the Bluewildebeest.
When the shot rang out the animal took off in the same direction as the rest of the herd.
It was only on close inspection that I realised that the bullet went right through the branch and then thought here I have a wounded Bluewildebeest to track down and hopefully finish off.
However, after quite a long search and tracking we found the dead Bluewildebeest.
The most amazing part of it all was that the GSCHV 150gr 30-06 bullet still completely penetrated and exited the animal as if there was not a single obstacle in front of the animal's shoulder.
This was my first hunt with GSCHV bullets, but definitely not my last!"
Hendrik von Metzinger - 14 July 2007.
4. "The first GSCHV bullet I have ever recovered from a game animal! I Recently shot a 62" horn length Kudubull in the Marken/Baltimore area over a distance of 180 meters with my .375H&H Magnum using a GSCHV 265gr bullet at a MV of just over 2900fps.
It was a perfectly broadsided shot, the bullet broke both large shoulder bones and was recovered under the opposite shoulder's skin. A perfect mushroom with almost all the petals fully in tact - 262.1gr retained weigth or a magnificent 98.9% weight retention after all that hard work! The Kudu dropped in it's tracks. ~ PH Henk Blignaut - 13 May 2007."



3. "Only now, when reloading the GSC HV 40gr bullets for my 222, I realised how important it is to use uniform, quality cases. Once that was sorted out my groupings were perfect." ~ Henk Blignaut, PH - 31 January 2007.
2. "This joint RSA-USA project will distinguish the GSC name as an innovator beyond the highest level of quality in best bullets possible for the most bullet calibers offered by any company. It raises the bar another notch on the high jump. A new world record is set in ultimate versatility and quality with the Trio of HV, FN, and SP in .395/340-grainers." ~ Ron Berry, USA - this was said in respect of the development of a totally new caliber, namely .395 caliber rifle and GSC .395 HV,FN and SP bullets. - 19 January 2007.
1. "I have never seen bullets made so precisely, the one exactly like the other." ~ Janos Czovek, Witbank - 5 January 2007 - this was said on buying his first 416 Rigby GSC HV 330gr bullets from us.