HOME
HV BULLETS FN BULLETS SP BULLETS BRASS CASES ACCESSORIES BENCH REST
SOUND SUPPRESSOR
TECHNICAL Q&A
GALLERY
FAQ
TWIST RATES/ANGLES
THEY SAY
CONTACT US

TECHNICAL QUESTIONS & ANSWERS

It is important for GS Custom to provide their customers with the best possible service at all times.
'Service' can mean a lot of things that any customer normally would expect to get from a supplier, but GS Custom regards technical knowledge of their highly sophisticated, premium grade bullets and the usage thereof in rifles as one of the most important service aspects that can be given to a customer.

As Gerard Schultz put it: "I get some interesting technical enquiries from time to time."

Thanks to his willingness to share these technical enquiries, together with his answers to it, with us, we will publish the Technical Questions & Answers on this page so that we all can learn and benefit from it.

---------------------------

I've learned.... That to ignore the facts does not change the facts. ~ Andy Rooney.

---------------------------

Hierna volg 'n paar tegniese terme wat soms deur herlaaiers as verwarrend ervaar word.

Bullet = Koeël - dit is die deel van die totale patroon wat deur GSC vervaardig word. Die herlaaibare komponent wat uiteindelik die geweerloop verlaat as die skoot afgevuur word.
(Nie punt, kop, koeëlpunt of koeëlkop nie.)

col (cartridge overall length) = tpl (totale patroon lengte).

Crown = Kroon van die geweerloop.

Drive band = Dryfband soos alleenlik by GSC se HV, FN en SP koeëls aangetref word.

Extractor = Uittrekker ~ gedeelte voor aan geweerslot wat dop uit kamer verwyder nadat die skoot afgevuur is.

Groove(s) = Groef(we) (dieper gedeeltes) binne geweerloop met spesifieke deursnee van groef tot groef volgens CIP/SAAMI standaarde vir elke kaliber.

Land(s) = Rif(Riwwe) (verhewe gedeeltes [raised areas]) tussen groewe met 'n spesifieke deursnee van rif tot rif volgens CIP/SAAMI standaarde vir elke kaliber.

Muzzle brake = Tromprem ~ passtuk voor aan die geweerloop om die terugskop (recoil) van geweer te verminder.

Muzzle velocity = Trompsnelheid ~ die snelheid waarmee koeël die geweerloop verlaat - gewoonlik aangedui as 'voet per sekond'(vps).

Seating depth = Plasingsdiepte ~ Bv. Verstelling tussen die minimum en maksimum plasingsdiepte van die koeël in die dop, kan gebruik word om die vibrasie van die loop in te stel deur tpl te wysig, en sodoende die kleinste moontlike groepering te skiet.

Sound suppressor = Knaldemper - metaal hegstuk wat voor aan die loop aangebring word om die ontploffingsknal van die dryfmiddel, wat by die tromp van die loop ontsnap, te demp.
Daar word beweer dat dié apparaat ook die terugskop/(recoil) van die geweer in 'n mate verminder.

Twist = Spiraal - algemeen aangedui as bv. 1:10", ens.
Groewe(grooves) en riwwe(lands) waarvan die helling die spiraal(twist) vorm.

Die loopspiraal(twist) word gevorm deur die groewe en riwwe met 'n spesifieke deursnee van groef tot groef en 'n spesifieke deursnee van rif tot rif, teen 'n spesifieke helling. (Sien voorbeeld hiernaas.)

---------------------------------------

---TERMINOLOGY---    ---BULLET DATA---

---------------------------------------

Q. Word vleisskade nie juis veroorsaak deur vinniger, ligter koeëls nie?

A. Daar is relatiewe eenvoudige reëls wanneer dit by vleisskade kom.

1. Vleisskade word veroorsaak deur fragmentasie. Of dit die koeël is wat fragmenteer of bene wat deur die koeël getref word, maak nie saak nie.
2. Vleisskade word veroorsaak deur koeëls wat tuimel.
3. Spoed dra slegs by tot vleisskade indien dit bydra tot fragmentasie.

Só, indien die vlak van fragmentasie van twee koeëls dieselfde is, al is een 500vps vinniger as die ander, sal daar bitter min verskil wees in die vleisskade.

Dit volg ook dat 'n koeël wat baie fragmenteer teen 'n lae snelheid meer skade tot gevolg sal hê as een wat, teen hoër spoed, min of glad nie fragmenteer nie.
Gerard Schultz ~ GS Custom Bullets CC - 6 Julie 2010.

Let's apply all these principles causing fragmentation - hence meat damage - in practice by using a lighter, faster GSC HV hunting bullet.

Firstly, due the the pure copper GSC HV hunting bullet's far better structure, they do not fragment at all, other than losing their petals when heavy bones are encountered in the penetration path.
I would dare to say that due to the pure copper bullet's structural ability to penetrate more reliably, heavy bone encountered in the penetration path, would not be fragmented as much when compared to leadcore jacketed bullets that do fragment heavily when hard bone is encountered and shattered - more fragmentation, more meat damage.
That's why shot placement is a determining factor in hunting with any type of bullet.

Secondly, the correct length GSC HV bullet selected to match your rifle's twist rate, simply DO NOT tumble - all GSC bullets are absolutely stable in flight as well as on impact and during penetration - no meat damage at all due to tumbling with GSC HV bullets.

Thirdly, well placed shots with the faster GSC HV hunting bullets will contribute very little towards fragmentation of large bones, since the vital organs are placed in such a way in any animal's body that they could be reached by the bullet mostly, without encountering large bones in the penetration path.

In conclusion we can then say that you should expect to see more meat damage with any type of bullet used when your shot was placed in such a way that large bone would be encountered in the penetration path.

Finally, bear in mind that the faster, lighter and better construction GSC HV hunting bullet, due to it's flatter trajectory and stable flight, enables the hunter to place shots far better and more accurately. This is one of the main reasons for greater hunting success and the minimum amount of meat damage when the hunter is using GSC HV hunting bullets.

---------------------------------------

Q. Is it necessary to use bore paste, abrasive-polish or -bullets to give my new barrel the so-called 'break-in'?

A. Whatever you do, never use any kind of abrasive polish, paste or similar compounds to polish the bore of the barrel. Rifle barrels are manufactured to exacting tolerances and the allowed deviation from specified dimensions vary from 20 to 30 micron. A human hair is 64 micron in diameter.

It is easy to polish a barrel beyond allowed dimensions and wind up with a very smooth, oversized bore that will only shoot well with jacketed lead core bullets with thin jackets and the softest of lead cores.

Stay away from wire brushes, use a wool mop, rag and jag and chemical cleaners that are ammonia free. If you have a bore snake, give it to someone you don't like.

Here is how it works:
1. Polishing pastes and abrasive bullets remove metal as they travel down the bore from chamber to muzzle. If they did not remove metal, no polishing would occur.

2. Any abrasive cuts and removes more metal when it is first used and sharp.

3. Copper/jacket material fouling is heavier at the muzzle end than at the chamber end of a barrel.

#1. An advert for one of these abrasive products states that it will remove no more than 0.0003" of metal from the bore. It is not clear if it is meant that the barrel will not be enlarged in diameter by more than 0.0003", or whether this is removed from the surface, leaving the bore 0.0006" larger in diameter. 0.0003" is 7.5 micron. It is not clear how much metal is removed by paste cleaners/polishes.

#2. When an abrasive polishing paste is used, it is applied from the chamber end of the barrel. Initially it is sharp and cuts well. As it is pushed down the bore, it becomes more blunt and cuts less. When the applicator is unscrewed from the rod and refitted for the next pass, the process repeats. Slightly more blunt initially, becoming even more blunt as it travels down the bore. This imparts a slight taper to the bore, larger at the chamber end than at the muzzle because more metal is removed from the chamber end than the muzzle end.

#3. When cleaning metal fouling from a barrel, one would look into the muzzle to see if any copper remains. It is usually clearly visible as a yellowish/red deposit on the barrel steel. Let us be optimistic and assume that it is less than 2 micron thick. Polish is applied from the chamber end until the 1 to 2 micron layer of copper is removed. Because there is no copper deposit in the chamber neck area, freebore, leade and the first couple of centimeters of barrel, more than 1 to 2 micron of barrel metal is removed in those areas. (Remember #2 - sharper at the chamber end than at the muzzle end) One cleaning session, to remove all the copper from the muzzle end, will enlarge the chamber neck diameter, freebore and first couple of centimeter of barrel by 2 to 4 micron. It will therefore take somewhere between 5 and 10 cleaning sessions to bring those dimensions to the upper limit of the allowed specification with calibers of .264". With larger calibers, where the tolerance is 30 micron, 7 to 15 sessions will get you there.

This is my opinion, based on the observation of cleaning methods and measurement of internal dimensions of more than 200 rifles.

On the subject of bore snakes: I have measured marked ovality of the bore at the muzzle on 7 rifles that were inspected for causes of inaccuracy. Every owner also owned a bore snake.

---------------------------------------

Q. Hoekom skiet sommige gewere baie goed met gemantelde loodkern koeëls, maar sukkel om goeie groeperings te skiet met monometaal koeëls?

A. Wat die blaam vir swak groepering aanbetref is my posisie eenvoudig:
1. Gewere:
Ek het in die afgelope seisoen sewe gewere gehad wat swak groepering gegee het met HV en SP koeëls wat, volgens my, nie so moes wees nie en waarvoor ek geen verduideliking kon gee nie. Die gemene faktor tussen die spesifieke sewe gewere was die feit dat hulle met pastas en poleer middels skoongemaak is. Ek het die onkoste en moeite aangegaan om vier van hulle in my werkswinkel te kry en hulle persoonlik gemeet.
Al vier was hopeloos oor die CIP spesifikasie op rif en groef deursnee.
Al sewe het baie goed geskiet met gemantelde loodkern koeëls. Hoe sagter die koeël en hoe dunner die mantel, hoe beter was die resultaat.
Die duidelike verklaring is dat loodkern koeëls in omtrek uitsit onder druk en die sentrale as van die koeël bly op die sentrale as van die loop. Monometaal koeëls doen dit nie en die koeël kan kantel in die loop.
Met een van die gewere het ons 'n lot koeëls gemaak wat op die regte oorgrootte dimensie vir die loop was. Onmiddelik het die man alles omtrent deur een gat geskiet.
Dit bevestig my ondervinding van die afgelope 15 jaar as koeëlsmid dat, wanneer dimensies buite spesifikasie beweeg, gaan akkuraatheid by die venster uit met monometaal koeëls. Wanner dimensies saamwerk, al is dit kunsmatig (die regte oorgrootte dimensie), is asemrowende resultate moontlik.

2. Toerusting:
As mens laai en die rondtes is nie konsentries nie, is daar fout met die laaistelsel. Dit is tog logies.
Die punt van die koeël word nie behoorlik gesentreer in die matrys nie. Die "seater" in die matrys moet soos die een op links werk. Dit moet die koeël by "B" êrens vasvat met spasie by "C". As dit soos by "A" op die koeël se neus druk, kan die koeël sywaarts kantel. Indien die vryboor van die geweer dan ook groter is as spesifikasie, is die geveg net daar verlore.

3. Metode:
Wanneer daar gelaai word en doppe word nie met die kegel gereedskap gesny nie, of beskadigde koeëlneuse word sommer reguit gevyl, gooi ek die handdoek in.
Daar is legio probleme wat opduik en selfs ervare herlaaiers weier soms om te aanvaar dat hulle metodes verbeter kan word. Baie herlaaiers ervaar wisselvallige akkuraatheid en dit selfs met dieselfde komponente. Nou werk dit en dan werk dit nie. Dit is aanduidend dat daar iets haper in die metode. Die feit dat een spesifieke stel komponente goed werk is baie dikwels toevallig en dan hoor ons "My geweer hou van die koeëls."
Ek laai al sedert 1976 en het nog nooit 'n konsentriese, binne spesifikasie vuurwapen gesien wat "hou" van een soort koeël of dop nie. As konsentrisiteit teenwoordig is en alles is dimensioneel reg, dan word die stelsel werkbaar gemaak deur die vibrasie van die loop in te stel met tpl (totale patroon lengte) of lading of albei, afhangende van watter soort koeël gebruik word.
Gewere wat "hou" van net een kombinasie is iets mee verkeerd.

---------------------------

Q. (i) Watter tipe berekeningsmetode gebruik GS Custom om hulle koeëls se BK (BC) te bepaal?
   (ii) Is dit nie meer korrek om die BK (BC) met byvoorbeeld Doppler radar te meet sodat ‘n bevestigde gemete waarde daarvan verkry kan word nie?

A. (i) By GSC gebruik ons 'n berekening wat waarskynlik die mees gevorderde in die wêreld is. Dit is gebaseer op die werk van McCoy en Davis met inagnemeing van Harold Vaughan, Haack, Kneubuhl en vele ander se navorsing, alles getemper met ons eie imperiese eksperimentering.
Die sagteware is geskryf om spesifiek met holpunte, VLD koeëls en monometaal koeëls te werk. Die feit dat dit Suid-Afrikaans is, sal waarskynlik sommige hulle neuse laat optrek. Dit is egter die resultaat van die beste rekeningkundige ekspertise (nie myne nie), meer as 'n dekade se imperiese observasie en data en 'n samevatting, verbetering en aanpassing van die beste metodes wat reeds bestaan het.
   (ii) Doppler radar gee wisselende resultate. Dieselfde koeël sal op verskillende dae wisselende syfers gee. Ons berekende waardes is konstant oor die reeks en die berekening is die mees gesofistikeerde een wat bestaan. Dit is baie na aan die waarheid.

---------------------------

Q. Hoe kan ek vasstel watter GSC SP (skyfskietkoeël) sal dieselfde trajek volg as die GSC HV (jagkoeël) wat ek tans in my jaggeweer met groot sukses gebruik?
(Rede: Wil nie my jagkoeëls onnodig wegskiet op skietbaan tydens skiet oefening met my jaggeweer nie.)

A. Die tegniek wat die beste sukses gee is soos volg:
Gebruik 'n SP wat ligter is, maar 'n beter BK (BC) het as die betrokke HV.
Gebruik 'n lekker groot teiken. (1m x 1m) - merk skote wat geskiet word duidelik as 'HV' of 'SP1', 'SP2' ens., met die 'op of af' proses beskryf hierna.
Skiet 'n trajek met die HV (net een skoot, hoogstens twee) op 100m, 200m, 300m ens., deur op dieselfde punt op al die afstande op die teiken te mik.
Dit sal duidelik die trajek en zeropunt van die HV wys.

Begin die SP teen 'n laer snelheid as die HV en skiet 'n trajek soos hierbo vermeld is.
As die boog krommer is as die HV sin (maw groter val met SP in vergelyking met HV), voeg een grein (half grein byvoegings indien koeël ligter as 100gr is) meer dryfmiddel by en skiet weer en omgekeerd. Werk voort, op of af, soos aangedui, tot die trajekte na genoeg aan mekaar is.

Die meganisme is dat trajek bepaal word deur die kombinasie van spoed en BK. Dus moet die spoed aangepas word totdat die gekombineerde resultate ooreenstem.
Die werklike snelheid van die SP is onbelangrik, solank die trajekte ooreenstem.

Soos gewoonlik, wanneer die spoed bepaal is (of anders gestel, die lading bepaal is) wat min of meer dieselfde trajek oplewer, word die groepering met tpl (totale patroon lengte) ingestel.

Voorbeeld van tipiese HV en SP koeëls wat in hierdie werk metode gebruik kan word:
Koeël eienskappe 308150HV 308137SP (13 grein ligter)
Koeël lengte 32.0mm 33.0mm
Neuslengte 17.0mm 20.4mm
BK @ 3300vps .412 .491 (Beter BK)

---------------------------

Q. Kan ek dieselfde tipe dryfmiddel gebruik vir ligter en swaarder koeëls?

A. Die breë beginsel is dat mens vinnige dryfmiddel gebruik met ligte koeëls en stadige dryfmiddel met swaar koeëls.

Swaar koeëls kom stadig in beweging en die grafeerdruktyd is langer vanweë die langer koeëlskag. Dit dra by tot die traagheid om spoed op te tel. Soos wat die koeël uit die dop uit beweeg en in die loop af gaan, skep dit die volume waarin die dryfmiddel druk moet opbou om die drukkurwe te ondersteun in die styg gedeelte.

Ligte koeëls, koeëls met kort skagte en koeëls wat ligte grafeerdruk gee, skep ontbrandingsvolume vinniger as die teenoorgestelde. Dus moet vinniger dryfmiddel gebruik word om die drukkurwe te ondersteun.

Waar die ontbrandingsvolume vinnig geskep word, maar waar die dryfmiddel te stadig ontbrand, is daar 'n tweede gevolg:
Dryfmiddel se brandtempo styg met druk. As die ontbrandingsvolume vinnig geskep word maar die dryfmiddel brand te stadig, bly die ontbrandingstempo stadiger as wat die dryfmiddel voor bedoel is. Onontbrande dryfmiddel bly in die loop agter en 'n gedeelte van die dryfmiddel brand in die lug voor die tromp van die loop.

Dit is nie goed vir akkuraatheid nie en veroorsaak onnodige slytasie van die loop met volgende skote.

Wanneer daar verskeie kombinasies gebruik moet word, verkies ek 'n dryfmiddel aan die vinnige kant van die spektrum, al moet ek 50 of 100 vps inboet met sommige koeël/dryfmiddel kombinasies.

---------------------------

Q. Is die gebruik van 'n 'bore snake' in 'n geweer as skoonmaak hulpmiddel aanvaarbaar?

A. Persoonlik sal ek nooit so iets in 'n geweer gebruik nie. Dit verslyt die boor van die loop na 'n ovaal vorm waar mens dit die minste nodig het - by die tromp.
Dieselfde geld vir pastas en poleer middels vir die skoonmaak van die loop.

Al wat nodig is om 'n loop buite spesifikasie te bring is 30 mikron.
Hoe groot is een mikron?
Neem 'n vel skryfpapier en skil dit in 80 lae. Elke laag is een mikron dik.
'n Menslike haar is 64 mikron dik. Een millimeter is 1000 mikron.
Daar is baie min nodig om 'n loop ovaal of buite spesifikasie te bring.

---------------------------

Stelling: Gemaak deur jagter op 'n bekende plaaslike jagforum -
"Ek het dié jaar 2 monometaal koeëls probeer in my 7x57 (CZ 550). Met my beperkte ervaring is ek egter nog nie seker of monometaal koeëls werklik tot hulle volle reg kom in die stadiger kalibers soos die 7x57 nie, aangesien dit vir my lyk of die monometaal koeëls nie behoorlik omklink teen laer snelhede nie."
Let op: Die jagter het beide plaaslik vervaardige en ingevoerde NIE-GSC monometaal koeëls gebruik.

Kommentaar gelewer deur GSC se Gerard Schultz:
Jag ervaring met monometaal koeëls -

Manne, ek wil graag een ding duidelik stel. Een van die probleme met sekere fabrikate van monometaal koeëls is die feit hulle meer as 2200vps nodig het om betroubaar oop te maak. Van die vervaardigers sê dat hulle produk begin oopmaak van 1800/1900vps af. Dit is oor en oor bewys dat dit wel so is.

Nou vra ek met respek:
Moet asseblief nie ons (GSC) monos oor dieselfde kam skeer nie. Ons weet dat die probleem bestaan by ander produkte en ontwerp doelbewus reeds sedert 1993 om dit te verhoed. Ons HV en die nuwe HP reeks maak betroubaar oop tot by dubbelkaliber, met impakte vanaf 1600vps. By 2000vps is ons HVs en HPs oop tot onder in die holpunt in die neus. Dit is ook al oor en oor bewys.

In 'n vergelykende toets, saam met 'n produk wat in Duitsland gemaak word en ook 'n beter reputasie het vir oopmaak teen laer snelhede as ander fabrikate, het die persoon wat die toetswerk gedoen het geskryf dat die GSC produk konskewent korter hardloop afstande tot gevolg gehad het, nadat wild geskiet is, as ander produkte. Sy gevolgtrekking was dat GSC HV koeëls beter ontwerp was ten opsigte van betroubaarheid in terminale werkverrigting.

Ek dink dit is die frustrasie van die veralgemening en summiere vergelyking met ander mono fabrikate wat die gebruikers van GSC produkte soms die harnas injaag.

Ek vra weer met respek:
Vergelyk GSC produkte in die praktyk met ander monos en gee dan 'n opinie. Moet asseblief nie summier aanvaar dat, omdat een mono fabrikaat op 'n sekere manier werk, alle monos ook dieselfde probleme het nie.

Almal aanvaar dat loodkern koeëls nie dieselfde is nie en dat sommige fabrikate 'n duidelike ontwerpvoordeel bo ander het. Waarom is daar die veralgemening dat alle monos dieselfde werk?

Kom nou ouens, ons Suid Afrikaners weet op verskeie vlakke meer van wat nodig is in 'n goeie ontwerp as oorsese vervaardigers. Hoekom is dit so vreemd dat ons dalk hier 'n ontwerp beet het wat die res van die wêreld se vervaardigers nie kan ewenaar nie?

Suid Afrika het dit gedoen met die G5/G6, die Rooivalk en 'n horde ander goed. Waarom nie met iets so "eenvoudig" soos 'n jagkoeel nie? - 2009/08/06.

----------------------------

Q. How important is it to use a bullet that yields the required stability factor (SF)?

A. Gunshot wounds: practical aspects of firearms, ballistics, and forensic techniques - by Vincent J. M. Di Maio.
"Ricochet Bullets -
For both solid surfaces and water there is a critical angle of impact (incidence) below which a bullet striking the surface will ricochet rather than penetrate *.

The critical angle is determined by the nature of the surface, the construction of the bullet and the velocity of the bullet. Thus, round nose bullets are more likely to ricochet than flat-nosed; full metal jacketed than lead and low velocity more than high velocity.

If the angle of incidence is greater than the critical angle, the bullet either penetrates the surface or breaks up.

The critical angles are those at which the particular bullet just began to ricochet. The critical angles are small, 3 to 8 degrees. At an impact angle of 15 degrees all the projectiles penetrated water.

* The angle of incidence is the angle formed by the trajectory of the bullet prior to ricochet and the surface from which the ricochet occurs."

In the drawing below done by GS Custom, it is quite clear that it is important to have a bullet that flies as stable as possible, in other words, where 'direction of travel and bullet axis coincides'.
In a case like that the chances are greater that reliable penetration will take place immediately above the critical angles of incidence - ± just above a 8 degree angle of incidence.

Also note in the above drawing what is the difference between 'angle of incidence' and the term 'angle of attack'.
A bullet flying like the one in the bottom part of the above drawing is almost bound to tumble on impact or shortly thereafter, with all the negatives as a result thereof attached to it - massive meat loss, poor penetration and the possibility of a wounded animal!

---------------------------

Q. Hoekom moet mens magnum slagdoppies (primers) gebruik as jy GSC koeëls laai?

A. Die groter volume kruit wat met GS Custom dryfband koeëls gebruik word vereis 'n vinniger en groter mate van ontsteking.
Tweedens, omdat die magnum slagdoppie genoeg druk het om die lading te begin skuif tot teen die groewe (vinniger gas afseëling deur dryfbande) en, afgesien van die afname in vibrasie hierdeur veroorsaak soos duidelik op Somchem se drukkurwes gesien is, skep dit kunsmatig 'n "groter" dop vir die werklike ontbranding om in plaas te vind. Groter dop - laer druk.

---------------------------

Q. Is dit belangrik om die tipe kruit wat GSC aanbeveel in die laai data tabelle te gebruik?

A. Die kombinasie van trompdruk, ontbranding en snelheid vertel vir ons hoe na aan volledige ontbranding die keuse en hoeveelheid kruit sal gee. Teen 100% ontbranding, meer spoed en meer trompdruk is die kruit nader aan optimale ontbranding.
Dit is beter om 'n dop met minder lugspasie te hê. Ontbranding is minder wisselend.
Onvolledige ontbranding veroorsaak dat kruit voor die bek van die loop brand en die koeël moet dan deur die wolk van turbulente gas vlieg. Dit versteur die koeël op 'n stadium wat dit juis sensitief is vir sulke invloede.
Die koeël verlaat die tromp teen watter spoed ookal terwyl die gas ontsnap teen ongeveer 7000vps. Die gas verloor vinnig spoed, maar nie voor dit die koeël verbygesteek het nie.

Wolk van turbulente gas versteur koeël.

Vir die beste resultate met GSC koeëls is dit dus belangrik om so na as moontlik aan ons aanbevelings te hou, wat doelbewus daarop gemik is om volledige ontbranding en optimale benutting uit al die prosesse betrokke, te verkry.

---------------------------

Q. Ek sien julle beveel 102% kruit vulling aan. Is dit nie dan 'n "compressed load" nie, en wat sal dit aan die drukkurwes maak?

A. Saamgeperste ladings kan nie druk verhoog anders as wat die ekstra dryfmiddel normaalweg sal gee nie.
Saamgeperste ladings is net 'n probleem as die kruit weer die koeël uit die dop uit druk. Toets dit deur twee rondtes te laai en die tpl (totale patroon lengte) te meet met 'n vernier. Meet 10 minute later weer. As die tpl vergroot het, is die samepersing te kwaai.
Dit is 'n meganiese probleem nie 'n ballistiese probleem nie.
Dié ouvrou storie het sy ontstaan in die feit dat sommige doppe minder volume het as ander.
Iemand het tereg opgelet dat die swaarder saamgeperste ladings in die kleiner dopvolumes meer druk gee. Dit is verkeerdelik toegeskryf aan die saamgeperste lading terwyl die kleiner dop volume die sondebok is. Dop volume.
(In dieselfde klas van mistasting as spoed en vleisskade.)

---------------------------

Q. What will be the implications if I shoot GSC moly coated bullets with my rifle and thereafter non-coated conventional bullets?

A. Every single problem associated with moly coating can be laid at the door of the application. If the application is of good quality and uniform, moly brings only advantages. Most moly kits deal with small quantities of bullets and very rough methods of moly quantity measurement. It is easy to get it wrong and thereby introduce variables and inconsistencies. Moly is also not the magic substance it is made out to be by some sellers. We determine coating thickness and application by rigidly controlling the weight of the bullets coated and the weight of the moly in batches of several thousand bullets. Moly is also not the only component of our coating. There is another part to it.

The result is that our moly does not leave a build up, needs no special cleaning methods, does not affect the use of uncoated bullets, is not affected by the use of uncoated bullets, will not increase accuracy, does not increase BC and will not rust the bore any faster than normally, if left uncleaned for some time. Our moly will make the rifle easier to clean, reduce fouling, increases shot strings before accuracy falls off, increases speed slightly, prevents the bullets from tarnishing and protects the throat of the rifle from erosion to a greater degree than when absent. We supply uncoated bullets on special order but it is easier just not to give it another thought. We do not fret about it anymore.

---------------------------

Q. How do I know what the exact dimensions of the brass cases must be to fit the dimensions of the rifle chamber from bolt face to chamber shoulder?

A. Important dimensions these are!
Most of us are aware of the fact that rifle chambers are (supposed to be) made to very close tolerances. These dimensions are on record with CIP and SAAMI so that the firearms industry has a standard to work to with barrel, ammunition and reamer manufacturing.

An indication of how small the dimensions are is this: A human hair is about 64 micron in diameter. A micron is one thousandth of a millimeter. CIP states a minimum chamber diameter with an upward tolerance of 20 to 30 micron, depending on the caliber. That is one third to a half of the thickness of a human hair.

The chamber length, from the bolt face to a specified point on the taper from case shoulder to case neck, is measured with gauges called "go" and "no go" gauges. The difference between the length of the two gauges is one tenth of a millimeter. There is also a "field" gauge and, if the bolt closes on a field gauge, the rifle is unsafe to fire with factory ammunition. A field gauge is three tenths of a millimeter longer than a go gauge.

The reason why I mention this is because inaccuracy and bad grouping can have many causes and several can be eliminated by paying close attention to how you prepare your brass.

The ideal situation is to have a case that fits the chamber as closely as possible. The chambered cartridge should be a slight interference fit on length. When you close the bolt of the rifle, you should feel a definite amount of drag on the bolt handle as the bolt locks into place. If the bolt closes with the same feel as closing it on an empty chamber, it means that the cartridge is free to move in the chamber. When the firing pin strikes the primer, the case is pushed forwards and assumes a different position in the chamber every time. The case should be fractionally longer, or at least exactly the same length, from base to shoulder, than from the chamber shoulder to bolt face, when the bolt is locked in place, to prevent movement.

It is not required to buy a neck sizing die to achieve this. Here is how to use a full length die to neck size only and I prefer this method to a neck sizer:

1. Find an unsized case that will not fit the chamber of your rifle. This case will come from another rifle as all cases fired in your rifle should fit it before sizing. If none can be found, create one by expanding the case neck to a larger caliber. If you shoot a 270, borrow a 7mm die set and pass the sizer button through the case neck to expand it to 7mm. If you have a 308 or 30-06, do the same with a 303 die set. For a 243 use a 257 button and so on.

2. Set up your die set two turns up from the usual position where it touches the shell holder. Size the case and try it in your rifle to make sure it does not go. If it does go, stop and figure out what is wrong because something is wrong.

3. Drop the sizer die a quarter turn at a time, size and try the case, until it allows the bolt to close with the drag on the bolt handle as described above.

4. Lock that sizer die at that position and only change it if you have the chamber recut or replace the barrel. You have now duplicated the dimensions of the rifle chamber from bolt face (shell holder) to chamber shoulder (die shoulder). To ensure this dimension is not lost, measure the distance between the bottom of the die to the top of the shell holder with a feeler gauge with the handle of the press all the way down. If your die set does not have lock screws on the lock rings, sell the die set to someone you don't like and get a proper die set.

5. Always use the same shell holder and die set once the set up is done. Changing either may result in the dimension changing and then you start over again.

If this sounds like too much trouble, remember it is only done once for each rifle and nothing comes for free when one searches for accuracy.

--------------------

Q. Ek kry die mees egalige spoed van skoot tot skoot met my 7mm Rem Mag, 'n loop van 1:8" spiraal, en 'n GSCHV 130gr koeël as ek 38% S385 onder in die dop en 62% S365 bo in dop laai.
Is daar enige logiese rede hiervoor?

A. Somchem het toetse gedoen waar hulle duplex ladings beproef het. Dit was in Johan Loubser se tyd. Hulle het duplex ladings opgewerk tot by 'n sekere punt en spoed en druk bepaal. Toe het hulle daardie ladings weer gelaai met die vinnige kruit onder ingesit, bo ingesit en die twee gemeng voor dit in die dop ingesit is. Maak nie saak wat hulle gedoen het nie, die spoed en druk het dieselfde gebly solank as die twee dryfmiddels in dieselfde verhouding en totale hoeveelheid gebly het.

S385 is 5% stadiger as S365 en S365 gee in sommige doppe geen kompressie nie. Suiwer S385 sal ongeveer 4% kompressie gee (wat goed is vir gelykmatigheid) maar daar sal onvolledige ontbranding wees (wat sleg is vir gelykmatigheid) met sowat 1.5% kruit wat buite die loop sal brand. In 'n 38/62 verhouding sal daar waarskynlik 'n klein mate van kompressie wees en nog nie ontbranding buite die loop nie. Dit is baie moeite vir min verbetering maar, wie is ek om te kla oor verbetering. Of die verbetering een mikron of een meter is, verbetering is verbetering en die moeite is relatief.

By hierdie antwoord van GSC kan die ervaring van 'n herlaaier wat 30 jaar lank die praktyk beoefen en beproef het op alle moontlike maniere, gevoeg word naamlik:
Hy beveel aan dat herlaaiers 'n streng seleksie beleid op hulle doppe moet toepas.
Hiermee bedoel hy dat elke dop geweeg word om absolute eenvormigheid te verkry nadat jy die doppe dieselfde lengte gesny het. Slegs doppe met dieselfde gewig word dan geselekteer vir jou herladings.

Volgens hom is dit verbasend, veral met plaaslik vervaardigde doppe, om te sien hoe drasties dop gewigte verskil. Verskil in gewig van 'n dop, waarvan die buite mate tog almal dieselfde is, dui op oneweredige dikte/afwykings binne-in die dop. Dit beweer hy lei tot verskillende vul-vlakke met dieselfde gewig kruit wat dadelik 'n invloed het op die ontbranding in die dop as gevolg van verskillende suurstof volumes van dop tot dop.

Verder sê hy dat herlaaiers sal vind dat 'n enkel kruit tipe, nadat daar nou streng dop seleksie toegepas is, uiteindelik die beste egalige spoed van patroon tot patroon sal lewer.

---------------------------

Q. Die dop sit vas in die matrys. Hoe kry ek dit daar uit?

A. Baie van ons het al dié probleem ervaar. Ek kry ten minste een of twee maal per maand iemand wat met so 'n ding by my instap. Wanneer dit weer gebeur, doen die volgende

---------------------------

Q. Hoe kan ek vasstel of my geweer spanningvry (stress free) is?

A.: Ek sien dikwels gewere wat op die eienaardigste maniere gebed is. Harold Vaughn en ander beskryf die korrekte manier om 'n geweer te bed in hulle navorsing en die mees suksesvolle manier is eenvoudig. Die bed moet nie die loop/aksie lyn oorbrug nie.
Met ander woorde, jy bed of die loop en laat die aksie vry om te beweeg soos dit wil, of jy bed die aksie en laat die loop vry om te beweeg sonder obstruksie.

Die eerste is die manier wat baie bankskiet gewere gebruik en is nie prakties om te gebruik met magasyn toegeruste jaggewere nie. Die bed van die aksie alleen, is die algemene manier wat die meeste van ons al gesien het.

Die doel van die bed onder die aksie is eenvoudig. Die aksie moet heeltemal sonder spanning (stress), plat in die kolf lê. Daar moet nie raakvlakke wees wat met die uitsetting van die aksie, onder die druk van vuur, sywaarts teen die bed kan stamp nie. Daarom moet mens verseker dat daar spasie onder, voor en aan die kante van die haak by die voorste aksie skroef is. Met ontwerpe soos die van die nuwer Tikka gewere, geld dieselfde vir die los haak wat onder die voorkant van die aksie is. Verder moet die loop heeltemal los wees vanaf die skouer wat teen die aksie vassskroef, vorentoe. Indien daar 'n gedeelte van die loop ook op die bed lê, skop die loop daarteen wanneer dit sywaarts uitsit (ongeveer 40 mikron) en veroorsaak vibrasies wat die stelsel ontwrig.

Verseker dat die aksieskroewe heeltemal vry deur die kolf gaan. Wanneer die skroewe vastrek, moet die enigste kontak van die skroewe, met die res van die stelsel, op die skroefdraad en onder die kop van die skroef wees.

So ook moet die enigste kontak van die loop, met die res van die stelsel, op die skroefdraad en die skouer van die loop wees.

Dit is maklik om die bed van 'n geweer na te gaan vir spanning (stress).

1. Maak seker die aksie skroewe is mooi vas. Min mense het 'n wringsleutel (torque wrench) en draai die skroewe vas op gevoel. Die gevoel is dieselfde as die van 'n stewige handdruk. Een wat 'n sissie eina sal laat sê.

2. Draai die voorste skroef twee draaie los.

As die loop oplig uit die voorhout uit, is die aksie onder spanning (stress) en die geweer kan nie sy beste gee nie.

---------------------------

Q.: Why is the felt recoil from my 7mm Rem Mag less when I fire GSCHV 130gr bullets?

A.: Recoil occurs in two stages. Because of the speed at which events happen, humans cannot separate the two stages by mental perception alone.

1. The equal and opposite reaction of the bullet accelerating down the bore, from primer ignition to the point where the rear of the bullet shaft still fully seals the bore at the muzzle. In this phase, pressure building in the system has no effect on recoil as pressure acts equally in all directions within a closed system. The rifle typically moves between 2 and 4 millimeters in this phase. This phase is neglible compared to what happens in phase two.

2. When the bullet shaft unplugs from the muzzle, gas vents forwards and the rifle turns into a rocket engine and tries to fly. The shooter stops it from doing so. This is the major portion of perceived recoil and the part we can do most about.

To minimise phase one, it is easier when the bullet weighs less.

To minimise phase two, the requirement is to lower muzzle pressure. The only way of doing this is to use less powder or a faster burning powder.

Typically mono bullets are lighter than lead core bullets given similar applications. Drive band bullets (not to be confused with grooved bullets) create less shot start pressure, thereby creating more expanding volume faster and earlier in the combustion cycle. This requires that a faster burning powder be used with drive band bullets than what would typically be used with standard lead core bullets or with grooved bullets.

---------------------------

Q.: I want to try your bullets in my rifle but do not know the twist rate of the barrel, what bullet weight and design do you suggest I use. What would be a safe starting load, OAL and what velocity can I expect. What is the smallest quantity that you sell and the price as I have boxes of bullets that I have tried that didn't work just sitting here.

A.: The 6.5x55 Swedish is one of the stepchildren of reloading. As far as I know, we may be the only bullet manufacturer who makes one bullet dedicated to the caliber. The problem with the 6.5 Swedish is that it has a unique set of specifications that is not shared by any other 6.5 or .264" caliber. Have a look at this table, the 6.5mm / .264" group of calibers, and you will see what I mean. Be glad you do not have a 6.5x54 MSc. In addition to the bore and groove dimensions, the 6.5 Swedish also has a freebore that is a larger diameter than the groove diameter of the barrel. In this sense it is unique and it is the reason why we make a dedicated 6.5x55 Swe bullet.

Since making the dedicated bullet (264110HV), we have not yet seen a 6.5x55 that does not shoot well, unless there is a problem with the rifle. It is a simple matter of matching the bullet to the barrel dimensions.

All our load data is on our website. Go to the HV Bullets page and follow the Load Data links.

We sell the bullets in packs of 50 and you can get them from a dealer, if there is one near you, or you can order from our website. Without fail, we have found that, where reloaders follow our recommendation for a specific bullet, accuracy and good terminal ballistics are assured. If accuracy does not come with relative ease with GSC bullets, we need to find what the problem is with the rifle.

---------------------------

Q.: Sal eers lading ontwikkeling met die 40gr koeëls doen en kyk of dit stabiliseer in die geweer. Indien nie sal ek oorslaan na die 50gr koeëls maar ek glo nie dit sal nodig wees nie. Dink ek reg?

A.: Jy sê jy wil kyk of die 40gr koeëls stabiliseer en, indien nie, sal jy die 50gr probeer.

Stabiliteit werk so (dit is die algemene beginsel sonder om die voorbeeld te koppel aan 'n spesifieke kaliber):
Onthou dat 'n korter koeël gewoonlik ligter is en 'n langer koeël gewoonlik swaarder is, maar net as die koeëls wat vergelyk word van dieselfde styl en konstruksie is.

Indien 'n geweer byvoorbeeld 'n groefdraai van een draai in 10 duim het, sal dit optimaal wees vir 'n sekere koeël lengte oor die hele trajek van sê nou maar 1000 meter. As die koeël langer gemaak word, sal dit aanvanklik minder stabiel wees maar beter word soos wat dit afstand kry.
As die koeël korter gemaak word sal dit by die end van die trajek nie meer neus vorentoe vlieg nie, maar wel effens sywaarts teenoor die rigting van beweging.

As ons nou die trajek verkort na 500 meter toe, bly die bogenoemde beginsels steeds in plek. Met ander woorde, die langer koeël sal aanvanklik lae stabiliteit vertoon en miskien nie bruikbaar wees vir jag oor korter afstande nie. Teen die tyd wat dit meer stabiel vlieg, is ons reeds by 500 meter.
Die korter koeël sal sterker gestabiliseer wees op kort afstand en die stabiliteit sal verhoog namate afstand gekry word. Omdat die sywaartse val van die te sterk stabiliteits faktor net 'n nadeel is op die agterkant van uiters lang trajekte, maak dit nie saak vir die eerste 500 meter nie.

Dus: Indien stabiliteit te laag is, is die oplossing 'n korter koeël en nie 'n langer koeël nie.

Mens kan 'n hele aanbieding gee rondom die onderwerp want dit is baie interessant en min mense verstaan dit reg.

---------------------------

Q.: Good Morning
I had my first opportunity to test the 200gr 375 on kudu this week.
I have loaded the 200gr with S335 giving me 3000ft/s.

The shots were placed as follow:
3 side-on (behind the shoulder) and 1 frontal (neck and into the body)
All needed one shot
All were shot at a distance of 90 to 130m
No shot was missed – 4 shots 4 down.

My concern is that all shots have gone through.
This will make it very difficult to shoot into a bachelor herd.

A.: Thank you for the feedback, I appreciate it. It also confirms for me the fact that our bullets are very well priced and result in good economy. The reason I say this is because I was told less than a week ago of a hunter who fired an average of three shots per Eland with lower priced bullets that broke on impact and could not give the penetration required to get to a vital area of the animal. The combined cost of three of these bullets was almost double the cost of one HV bullet. Additionally, the meat wasted by an average of three shots per animal, makes the cheaper bullets very expensive indeed.

Regarding complete penetration of the animal: One can never guarantee that a bullet will not shoot through. Even the worst of badly constructed bullets will sometimes exit an animal and frequently such exits will be in multiple fragments and in directions that cannot be foreseen.

As your experience with the four Kudu would have shown, GSC HV bullets penetrate in a linear, predictable manner. Shooting in a herd is safer as the direction of the exit is much more predictable than with bullets that deform asymmetrically. As long as the area behind the animal is clear, the shot can be taken.

---------------------------

Q.: Hi Gerard,
I just re-read my last email to you & perhaps I did not make myself clear about reloading data. Do you have any tested data for the 7mmRM & your 160gr bullet with Somchem powders? If not, do you perhaps know anyone who might have? As I said, ultimately I would like to find one combination that works & stick to that. Too many bullet types, powders, cases, primers, loads etc. will drive anyone mad eventually & I may be the first.
Lastly, are your bullets coated & if so what do you use & what cleaning techniques do you advise to remove barrel fowling?
Many thanks.

A.: I have been shooting 7mm rifles since 1958. I have never been without a 7mm and currently we have three 7x57 rifles that we hunt and shoot with. When I started making bullets in 92/93, the first bullet I made was a 160gr 7mm. I tried for two weeks to make that bullet work and could only get passable performance from it. Eventually I went to a 150gr bullet and then to 140gr. The HV bullets we started making in 1997 starts at 130gr and goes down to 120 and 116gr. This evolution proved beyond all doubt that, with copper monometal bullets, terminal performance is tied to the relationship of bullet length and twist rate. Bullet weight plays no role at all.

Given that a 160gr copper mono is best suited to a 1:7.5" twist rate, and that we have not received an order for the 160gr HP bullet in more than two years, we have discontinued it and will be replacing it with two bullets in the HV and SP ranges. There is a following developing in the USA for a new caliber called the 7mm Allen Magnum. The barrel of choice for the 7mmAM is 1:7" and we will develop a set of bullets for the express purpose of extreme range shooting with it.

To address your enquiry of what to use with your 7mm Rem Mag:
Unless it is a custom rifle with a non standard twist rate, it will fall somewhere in the 1:9.5" to 1:8.5" twist category. This dictates the use of the 130gr HV bullet or the 140gr HP bullet. The favourite would be the 284130HV and this is also our number four seller. We have load data for the bullet and experience of shooting game with it goes back more than a decade. It turns your 7mmRM into a more versatile rifle with which you can shoot anything that you would previously have shot with a variety of bullet weights, with a single load and bullet. It extends the range at which you can apply the rifle and shots on large plains game up to Eland can be taken with greater confidence than before.

Our bullets are moly coated with a process that we developed ourselves. It requires no different cleaning techniques, will not affect the use of non coated bullets and, as far as the user is concerned, nothing out of the ordinary needs to be done. Our philosophy is to simplify your life and to improve your shooting activity. If we do not achieve that, we fail and have no reason to be in business.

If I can assist anything else, just let me know.

---------------------------

Vr.: My .222 groepeer glad nie met GSCHV 35gr en 40gr koeëls nie. Daar is nie sprake van 'n ordentlike groepering nie - koeëlgate horisontaal versprei oor teiken - 35gr koeël se groepering effens beter, maar nog steeds onaanvaarbaar.
Al my ander gewere groepeer uitstekend met GSCHV koeëls.
Wat is fout hier en waaraan moet ek aandag gee?

Antw.: Daar is 'n redelike betroubare beginsel wat baie duidelik deurkom in Harold Vaughan se boek "Rifle Accuracy Facts" en dit sê, indien die verspreiding oorwegend horisontaal is, moet mens by die geweer die fout soek. Indien die verspreiding oorwegend vertikaal is, begin mens by die ammunisie soek. Dit is nie 'n absolute reël nie, maar dit het my al baie tyd bespaar deur op die regte plek te begin. Logies gesproke, kan ammunisie nie horisontale verspreiding veroorsaak nie, behalwe per toeval en dan nie herhaalbaar nie. Die feit dat die ligter koeël die groep effens toemaak, dui aan dit dit 'n drukverwante anomalie is. Dit dui ook op die feit dat dit geweer verwant is, as twee verskillende koeëls van soortgelyke vervaardiging soortgelyke simptome gee.

Die lys van moontlikhede wat ek sal nagaan is:
1. Probeer 'n ander magasyn of skiet enkel skote, sonder die magasyn - indien daar 'n uithaal magasyn is.
2. Verseker dat die voorste aksieskroef korter as die gat is waarin dit inskroef. Indien die skroef se punt in iets onder in die gat raak, sal dit 'n vibrasie veroorsaak wat herhaalbaar is.
3. Maak seker dat die kop van die slot nie agter aan die loop raak nie. Die eerste sondebok hier is die neus van die uittrekker. Poleer enige kontak weg. Nie te veel nie, los is los, of dit tien mikron of tien millimeter is.
4. Maak seker die slot handvatsel stop teen die metaalwerk en nie teen die houtwerk nie, wanneer dit ten volle geroteer is.
5. Beide aksieskroewe moet los deur die hout gaan en slegs aan die metaalwerk raak.
6. Haal die loop uit en maak die slot romp deeglik van vooraf skoon om te verseker iets is nie tussen die slothake en die romp vasgevang nie. Terwyl die loop uit is, maak die skroefdraad in die aksie en op die loop deeglik skoon en droog. Skroef die loop droog terug.
7. Ook terwyl die loop uit is: Meet die kamer nek deursnee. Dit moet nie neer as 6.48mm wees nie - vir .222.
8. Is die binnekant van die slot skoon en liggies ge-olie?
9. Plak 'n stukkie maskeerband oor een vlerk van 'n 'twist checker' sodat dit styf in die groewe pas en stoot dit van die kamer se kant af deur die loop, om te voel of die loop stywer word na die bek se kant toe en of daar los kolle in die loop is. Doen dit met al die groewe.
10. Gaan goed soos die slothake na vir haaksheid en maak seker dat slegs die hake aan die romp raak en nie die slot handvatsel ook nie.
11. "Firing pin protrusion" - die slagpen moet .7 tot 1.2mm by die voorkant van die slot uitsteek, in die gevuurde posisie, om gelykmatige ontsteking te gee. 'n Mooi gladde vorm van die slagpen se punt help dat die slagdoppie nie bars op skerp kante in die duik daarop nie. 'n Gaatjie in die slagpen se punt dui op vlam erosie wat oor die jare gebeur het en dit dui op ladings wat te warm is. Die gas ontsnap deur 'n klein gaatjie wat vorm, in die middel van die duik, en dan met elke skoot die slagpen se punt wegvreet. Gas erosie is 'n monster wat deur min mense gereskteer word, en hy byt altyd.

Doen een van die bogenoemde op 'n slag sodat mens kan bepaal wat die probleem oplos, indien daar 'n oplossing kom, anders leer mens nie uit die frustrasie nie.



If at any time you require more information or assistance, just let us know.