

Q. Hoekom moet mens magnum slagdoppies (primers) gebruik as jy GSC koeëls laai?
A. Die groter volume kruit wat met GS Custom dryfband koeëls gebruik word vereis 'n vinniger en groter mate van ontsteking.
Tweedens, omdat die magnum slagdoppie genoeg druk het om die lading te begin skuif tot teen die groewe (vinniger gas afseëling deur dryfbande) en, afgesien van die afname in vibrasie hierdeur veroorsaak soos duidelik op Somchem se drukkurwes gesien is, skep dit kunsmatig 'n "groter" dop vir die werklike ontbranding om in plaas te vind. Groter dop - laer druk.
Q. Is dit belangrik om die tipe kruit wat GSC aanbeveel in die laai data tabelle te gebruik?
A. Die kombinasie van trompdruk, ontbranding en snelheid vertel vir ons hoe na aan volledige ontbranding die keuse en hoeveelheid kruit sal gee. Teen 100% ontbranding, meer spoed en meer trompdruk is die kruit nader aan optimale ontbranding.
Dit is beter om 'n dop met minder lugspasie te hê. Ontbranding is minder wisselend.
Onvolledige ontbranding veroorsaak dat kruit voor die bek van die loop brand en die koeël moet dan deur die wolk van turbulente gas vlieg. Dit versteur die koeël op 'n stadium wat dit juis sensitief is vir sulke invloede.
Die koeël verlaat die tromp teen watter spoed ookal terwyl die gas ontsnap teen ongeveer 7000vps. Die gas verloor vinnig spoed, maar nie voor dit die koeël verbygesteek het nie.

Vir die beste resultate met GSC koeëls is dit dus belangrik om so na as moontlik aan ons aanbevelings te hou, wat doelbewus daarop gemik is om volledige ontbranding en optimale benutting uit al die prosesse betrokke, te verkry.
Another very important reason why one should use the propellant - also in the quantities stated - as recommended by GSC.